Wednesday, May 2, 2007

Deuriemikke Musiek Konsert

Helou daar. Almal lekker langnaweek gehad? Mooi, ek is bly. Ek self ook. Ek is nou so gatvol vir vleis eet dat ek kan… ja. Ons het die hele naweek net gebraai en gebraai en gebraai... darem ook lekker gekuier en sommige van ons het lekker geswem 0h00 in die nag in die bittere koue. Ek sal nie name noem nie - jy weet wie jy is. Ek sal ook nie die fotos post nie, ok?

Ek en andere is mos toe gisteraand na 'Deuriemikke' musiek konsert toe op Loftus Versfeld. Eers was ek heavy die moer in omdat ek al 12h00 daar opdaag en die hekke is nog nie oop nie. My eie fout - ek het nie die kaartjie mooi gelees nie. Die KARNAVAL het 13h00 begin en die show eers 17h00 - DUH maak oop jou oë! Ry toe maar terug Centurion toe en gaan maak ‘n paar ^s.

16h00 weer daar aangekom. Maar kyk, toe is daar vir jou ‘n q wat ek nog by geen Bloubul wedstryd gesien het nie, vanaf hek 6 VERBY hek 5 tot op die B-veld, en onmiddelik sak my moed in my skoene. “Hoekom hierdie lyding – boonop betaal ek om so gestraf te word” -dink ek by myself.

Ek was op die punt om die R157 maar af te skryf en te waai, toe ek die korter ry sien, vir die ‘Golden Circle’ Kaartjiehouers. En raai wat? Ek is mos in die Golden Cirlce. Laanie my broe! Glip daar in en binnekort op die veld – slaan di kampstoeltjies op, ons ga’t nou show kyk. Nie eers die tweede stoel uit sy sak uit nie toe ‘n vrou vir my waarsku: “Julle mag nie hierdie stoele hier opslaan nie, hulle het nou nou mense hier uitgejaag omdat hulle stoele by hulle het.”

Ok dankie tannie. Gmpf.

Pak toe die stoel maar in die sak en skuif na die rand van die Golden Circle, waar ons met ons rue teen die draad kan sit. Maar ek kan nie verstaan nie?! Ek is deur 3 hekke MET securities wat my kaartjie gecheck het, en niemand het my voorgekeer omdat ek stoele by my het nie, en daar staan ook niks op die kaartjie oor hierdie stupid reël nie. My vriend is wel teruggestuur kar toe om sy stoele te gaan bêre hoor ek. Ek bitch en moan oor wie nou sal worrie as ek die stoele opslaan terwyl ek een stoel mooi teenaan die draad begin opslaan.

So hoor die een knaap (aan die ander kant van die GC draad) hoe ek moan oor die stoele en hier haak hy af: “Die stoele sal ‘n probleem wees, want dan kan my dogtertjie nie sien nie.” Ek wou vir hom sê dat dit seker die eerste keer is wat hy by ‘n konsert is, want almal gaan anyway nou-nou regop staan, en dan gaan sy dogtertjie anyways niks kan sien nie, tensy hy haar op sy skouers tel. Maar toe hou ek maar my bek. Ek wou hom nie voor sy kroos verneder nie. Cheapskate.

Die show begin en ons sit maar teen die draad. Toe almal eventually opstaan, en ek ook, toe voel dit asof ’n hiëna an my agterwêreld geknaag het terwyl ek daar gesit het. PYN uit die boonste rakke. Ek word toe genomineer as die “loop om te gaan koeldrank koop” –ou, en begin toe met my uittog. Kom toe by die eerste stalletjie en raai wat? Koeldrank is uitverkoop, en daar het nog net een sanger opgetree. Hoogs die bliksem in stap ek toe maar verder en sien toe later ‘n outjie met baie Coke haastig op pad êrens heen. Volg hom toe tot by – wait for it – dieselfde stalletjie waar ek eerste was.Nou moet ek in ‘n ry staan waar daar nou-nou nie een was nie. Ek is dors my maat en reg om iemand met ‘n vuis by te kom, want intussen het sekuriteit my ook moeilikheid gegee omdat ek nie die GC armbandjie aanhet nie ongeag die feit dat, toe ek ingegaan het, hul armbandjies oppelallas was, en ek nie een kon kry nie.

Terug met die koeldrank by die laer aangekom, slaan ek my stoele op. Bogger julle. Vat aan hierdie stoel en jy val pappie! Ons sit rustig, luister musiek en drink Coke – die gemoedere koel af met elke slukkie vloeistof.

Dinge begin toe lekker raak en die musiek is lekker! Die line-up was soos volg: Nicholas Louw, Bobby van Jaarsveld, Dozi, Nianell, Karen Zoid, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk en Robbie Wessels. Ons sing lekker saam en swaai so bietjie gat en lag vir ander mense. Sekuriteit was paar keer verby ons en het my stoele beloer, maar het niks gedoen nie. Ek is seker hulle kon moeilikheid in my oë lees –hou maar verby. Ou Pieter Koen was ‘n uitstekende seremoniemonster en het die mense lekker laat lag. Karen Zoid het soos gewoonlik geROCK en is gekomplimenteer deur cool pyrotechnics op die stage. Manne Manne!

Later is dit Bok van Blerk se beurt en almal is in groot afwagting vir… jy weet wat. Ek is nou al oor die De La Rey liedjie (al het ek die CD gekoop vir die liedjie) en is moeg om die ding te hoor – death by overplay, maar ek het geweet – vanaand kom hier iets groots… en Bok trek weg met die kenmerkende inleiding van die liedjie: “Op ‘n berg in die nag…” - en jy kan die atmosfeer met ‘n mes sny soos almal begin saam sing: “DE LA REY, DE LA REY, SAL JY DIE BOERE KOM LEI…”


Bok van Blerk sing De La Rey op Loftus - The most popular videos are a click away

HOENDERVLEIS MENSE!! Die van julle wat nie daar was nie – imagine 22 000 mense wat saam hierdie liedjie sing – die mure bewe in Sunnyside! (Kyk die video-clip hierbo) Lekker - kry vir julle + hoor hoe sing die boere, staan-staan-so. Dit was regtig amazing, en De La Rey doen dit nou weer vir my – ‘n onvergeetlike 4 minute. Selfde toe almal vroeër ‘Liefling’ gesing het. Noem my maar ‘n tappet – jy moes daar wees om dit te beleef, al weet jy nie wie is Gé en Derrick nie.

Daarna het Robbie Wessels sy moves kom wys saam met die Bloubul meisies. Dit was flippen cool gekoreografeer. Ek reken hy het maar die laaste slot gekry omdat sy sussie een van die organiseerders was hehe. Die vertoning is toe afgerond met al die sangers wat ‘n laaste liedjie saamsing, en vuurwerke wat my girl amper die dek laat slaan het.

Die aand het toe verskriklik lekker uitgedraai, en ons is toe huistoe met glimlae op ons bakkies.

Knap gedaan Jakaranda, Red Heart en die organiseerders, maak weer so! Sorg net dat daar volgende keer genoeg koeldrank en armbande is, genoeg mense om die stalletjies te beman en ‘n plek vir kampstoele. Dit was goed vir ‘n eerste poging, en hopelik gaan dit volgende jaar nog groter! Dalk sommer 2 keer ‘n jaar. Julle sal Loftus weer en weer volpak!

Sien jou daar next time

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

No comments:

Soek jy iets?