Thursday, November 26, 2009

Donovan Moodley jou aap

Die knaap se mos nou hy het nie beplan om haar (Leigh Matthews) dood te maak nie, omdat hy haar nie "net so langs die pad kon aflaai nie" - m.a.w - hy was klaar bang en het geweet dat hy angelkla en gevonnis sou word vir ontvoering, aanranding ens. En toe maak hy haar dood sodat sy hom nie kon identifiseer nie - nou wil hy verlof om appel he? Hy wou wegkom daarmee, en hy het gedink deur haar dood te maak, sou hy wel wegkom.

Moodley - as jy haar nie doodgemaak het nie, sou jy nie lewenslank gekry het nie. Te laat om nou van noot te verander. Ek hoop jy ervaar dieselfde en ergere behandeling in die tronk as wat jy vir Leigh moes laat deurmaak. As ek so na die fotos kyk lyk dit asof jy klaar die "grootoogsiekte" opgedoen het. Poetic Justice - Vatsojoubooswig!

Skote

Wednesday, November 25, 2009

BRAAI PERMIT?


Dalk moet hulle eers begin met permitte om tyres te brand, permitte om mielies in 'n drom langs die pad te braai en te verkoop, permitte vir onpadwaardige voertuie wat so rook dat die drywer agter jou nie die pad kan sien nie, permitte om soggens in 'n drom vuur te maak, asook permitte om gesteelde koper kabels se isolasie af te brand. Hierdie bevat boonop nog giftige gasse ook!

As hulle hierdie bogenoemde permitte eerste in plek het betaal ek graag 'n braai permit vir my 1 weeklikse braaivuurtjie!

Ps: Dalk ook permitte om sulke kak idees uit te dink terwyl jy eintlik besig moet wees om die land 'n beter - nie 'n kakker - plek te maak nie.

Soek jy iets?