Friday, September 21, 2007

Choke Pappie CHOKE!!!

Daar verloor die Proteas toe teen Indie - amper in dieselfde styl as begin van die jaar se Wereldbeker! Dammit ouens - JULLE DOEN SO GOED EN DAN CHOKE JULLE - ALWEER??!!

Anyways - onthou dat Maandag 'n vakansiedag is. Jy sal bietjie stupid voel as jy by die werk aankom en wonder waar al jou kollegas is. Boonop is dit my gunsteling dag van die jaar: NASIONALE BRAAIDAG! En om hierdie wonderlike dag te comemmorate, het ek een van my ou posts hier op die blog herhaal, net omdat dit so van toepassing is.

So - start solank die vuur, ek sien jou nou nou... Hier is dit:


Braai is darem 'n ingeboenderde tradisie in enige Suid - Afrikaner se kultuur. Dis die ideale manier om die ys te breek met nuwe bure of vriende, of om girls op te tel, besigheid te doen, die week af te sluit by die werk, of selfs net 'n knertsie te geniet. Maar daar is nou nie beter woorde om te hoor as wanneer iemand sê: "Kom ons braai" of "Kom braai bietjie by ons". Kyk - dit kan op die laaste minuut gereel word. Iemand word aangestel om die vleis te gaan koop of uit te haal en iemand word aangestel om die dop te organize, en ook iemand om hout of charcoal te reel en solank die vuur te begin - tjop tjop - letterlik.

Van daar af is dit goeie tye - jy weet dit. Daar word leeeeeekker gesels, gekuier, geëet en, as ek my kitaar byderhand het, 'n bietjie musiek gemaak en bietjie saamgesing. Daarna, as almal lekker dik gevreet is, gaan slaap die meeste, behalwe die geharde kuiergatte, wat partykeer myself insluit hehe... uhm... ja.

Die braaiery is darem lekker... MAAR - daar bestaan reels en etiket by 'n braai. Kyk bietjie hoe goed het hierdie knape hul van hul taak gekwyt...

SO... wanneer braai ons?





BlogAfrikaans.co.za

Wednesday, September 19, 2007

En hier is dit...

...die nuwe Engelse Rugbytrui:




Stuur hierdie link vir al jou UK buddies om daar in die "Ander Pretoria" te versprei.

SKOTE!

Monday, September 17, 2007

Wat 'n naweek

...vir Suid-Afrikaanse sport! En boonop het die Bulle ook nog gewen! Baie geluk John en Graeme, knap gedaan.

Ek hoor vandag dat 'n mens "seasonal depression" of so iets kan kry. Ek dink ek het dit. Ek is nie depressed nie, maar net freakin moeg ek se jou. Dit is tyd vir die Desember vakansie - die tyd moet nou vinnig loop. Sal ook maar 'n paar knerste gaan nuttig vanaand, dink jy dit sal help? Kan net lekker wees.

Onthou julle vir ou ZET! wat sondae op TV was? Jis ek was 'n groot fan - my ma-hulle moes my eendag al die pad Cresta toe neem om ZET! in lewende lywe te kan sien. (Dit was nog in die dae wat mens kon Cresta toe gaan sonder 'n bullet-proof vest...) Signs of the times, en hier's nog ene - fame en fortune het sy tol ge-eis op die arme fluffy ZET! Nou is dit nie meer ZET! nie maar ZET...? Shame...


Moet ASB nie vir hom geld gee indien hy op straat by jou kom bedel nie. Hy gaan dit anyway net weer uit suip. Toe "Nou wat nou'' hom vra wat die probleem was, was sy antwoord: "BLBLBBBLBLBLBLBBLLL!"

Ongeskikte bliksem...!

Dankie aan vryskut fotograaf Pietie Potlood wat Zet! se inkriminerende aksies (of tekort aan aksie) op film kon vasle.

Skote

Wednesday, September 12, 2007

Jammer dit is so waar...



Die musiek in die Video is geskryf en gesing deur Koos Kombuis. Sy blog link is op die linkerkant van hierdie blad, of kliek hier.

Skote

Monday, September 10, 2007

My gedagte vir die dag... aan die Samoane:

Complimentary Springbok Emblem tattoos after the game...


Skote vir eers

Wednesday, September 5, 2007

Wie het die swaard getrek !!!???

Ek lees in laas Vrydag se "The Citizen" wat een van hul verslaggewers skryf. Ek vra om verskoning dat ek nie die regte aanhaling of die verslaggewer se naam het nie - ek het die artikel uitgeknip, maar het dit erens versit. Dammit!

Maar hierdie knaap moan en bitch omdat Pretoria se naamverandering nou eers tot stilstand gebring is deur die hof. Hy reken dis 'n disgrace dat die hoofstad nog na iemand vernoem is wat hom en sy makkers (swartes) benadeel het in die 'old regime'. Ek strip my moer net daar, want duidelik ken hierdie ou nie sy geskiedenis nie! Andries Pretorius het BOGGEROL met enige regime uit te waai nie. Inteendeel, Andries Pretorius se seun het die plek gevind en dit Pretoria genoem ter nagedagtenis van sy pa.

Boonop is Andries Pretorius die ou wat Piet Retief se oorskot gevind het waar Dingaan vir Retief en sy manne (ongewapend) gemartel en vermoor het, NADAT hulle met Dingaan heel skaflik onderhandel het vir land.In Retief se baadjiesak is ook die traktaat gevind wat deur Retief EN Dingaan onderteken is vir land noord van die Tugela. Dit le nog in die Voortrekkermonument as enige iemand dit wil gaan lees. Dit is juis waar die k@k ontstaan het! In Retief se manifes aan die Owerheid, gepubliseer in die Grahamstown Journal, het hy gestipuleer dat die trekkers in vrede sal trek en nie gaan nonsens maak met die locals nie. Hier is 'n fototjie wat ek daarvan geneem het...


Let op punt nommer 8:
"We purpose, in the course of our journey, and on arriving at the country in which we shall permanently reside, to make known to the native tribes our intentions, and our desire to live in peace and friendly intercourse with them"

So se my nou weer dat ons julle kom oorrompel en jou land met mag kom vat het. Jy het jou eie bed gemaak daardie tyd my bra... wie het die swaard getrek? O sorry - dis ALWEER my skuld. Kan ons nie maar net aanbeweeg nie asb?

Skote

Ps: As iemand voel dat enige iets bogenoemde onakkuraat is, los asb 'n comment sodat ek dit kan regstel. Hopelik weet ek ten minste meer as daai oningeligte verslaggewer. Baie dankie.

Soek jy iets?