Thursday, April 26, 2007

CHOKERS

En nou is dit so, net soos die opskrif hierbo lees. Die Aussies was seker reg. Toe kry ons ‘n moerse pakslae. Well done boys – maar eweskielik lui die woorde van Wikus van der Merwe in hul koppe – “ek kom huis toe”.

Alle krediet aan die Proteas dat hule so ver gekom het in die toernooi, maar kyk, daai Aussies kan darem maar krieket speel. Hulle verdien om te wen.

Ek sit en kyk nou die dag toe die Proteas Engeland so lekker pakslae gegee het by die Krieket Wêreldbeker.Kyk dit was darem maar nice hoor! My vriend in die Ander Pretoria (Londen vir die ongeletterdes in ons mede) sê daai Souties het gou stil geword toe die dinge begin gebeur vir die Proteas hehe. Nou is ons stil…

Maar die Engelse was in die ou dae maar ‘n klomp vuil bliksems. Ons almal ken die storie van William Wallace (Braveheart) en die skotte se probleme met die Engelse. Hulle wou die wêreld regeer. Kyk maar na al die lande wat hulle gekoloniseer het en/of invloed gehad het: Indië, Mauritius, Australië, Indië, Suid-Afrika en vele ander Afrika lande om maar net ‘n paar te noem. Baie van die lande kan getuig van die vuil manier waarop die Britte te werk gegaan het, waarvan ons self ook nog kan getuig (verskroeide aarde beleid, konsentrasiekampe, en hoe hulle die boere nie hul eie plek in die son wou gun nie). Partydae wonder ek of hulle nie erger as Hitler was nie – maar Duitsland het hul wel gou op hul plek gesit met daai bombing run oor Londen een aand. Daarna was hulle nice met almal – amper almal.

Net vir interessantheid die gesprek tussen Paul Kruger en die Queen, toe Oom Paul die lot van SA by haar gaan bepleit het, toe sê die Queen vir hom: “The sun never sets over the British empire” – waarop Oom Paul geantwoord het: “That is because God doesn’t trust the English in the dark.” Dis reg Oom – sê haar!

Maar kyk nou na die flipside van die scenario – meeste van hierdie lande het die sporte van Engeland agterhou lank na Engeland se onttreking uit hierdie lande: Indië is nou ‘n krieket nasie, Suid-Afrika krieket én Rugby en so ook Australië ensomeer ens.
– jy kry die prentjie.

So nóu, dekades na nie gemors wat hulle aangejaag het, sien ons tog die goeie dinge wat uit hul kolonisering gekom het. As dit nie daarvoor was nie, sou die krieket – en – rugbywêreldbeker maar boring gewees het - jy kyk die wêreldbeker en die enigste deelnemers is… uuuhm… Engeland en Australië?

As dinge anders gebeur het, sou ons dalk Saterdae na jukskei en toutrek gekyk het op Supersport…?

Ore en uit

P.s. Cecil John Rhodes was tog ‘n moffie!
BlogAfrikaans.co.za




Thursday, April 19, 2007

Braai Etiket

Braai is darem 'n ingeboenderde tradisie in enige Suid - Afrikaner se kultuur. Dis die ideale manier om die ys te breek met nuwe bure of vriende, of om girls op te tel, besigheid te doen, die week af te sluit by die werk, of selfs net 'n knertsie te geniet. Maar daar is nou nie beter woorde om te hoor as wanneer iemand sê: "Kom ons braai" of "Kom braai bietjie by ons". Kyk - dit kan op die laaste minuut gereel word. Iemand word aangestel om die vleis te gaan koop of uit te haal en iemand word aangestel om die dop te organize, en ook iemand om hout of charcoal te reel en solank die vuur te begin - tjop tjop - letterlik.

Van daar af is dit goeie tye - jy weet dit. Daar word leeeeeekker gesels, gekuier, ge
ëet en, as ek my kitaar byderhand het, 'n bietjie musiek gemaak en bietjie saamgesing. Daarna, as almal lekker dik gevreet is, gaan slaap die meeste, behalwe die geharde kuiergatte, wat partykeer myself insluit hehe... uhm... ja.

Die braaiery is darem lekker... MAAR - daar bestaan reels en etiket by 'n braai. Kyk bietjie hoe goed het hierdie knape hul van hul taak gekwyt...

SO... wanneer braai ons?





BlogAfrikaans.co.za

Boerq se eerste 'Post'

Maar nou ja hier is ek nou - met my eie blog en al. Ek sien almal doen dit deesdae en besluit toe ok maar om vir my 'n kuber-identiteit te begin bou. Selfs Casper de Vries en Koos Kombuis het ook hul eie blogs, en ek weet darem seker bietjie meer van kompers as hulle - nie rerig nie - Koos design en publish sy eie websaait. Koos is Doning...

As jy wonder wie 'Ek' is - ek is die een op die regterkant. Nogal 'n beauty né! Die ou langsaan is my vriend Waldo.

Ja welkom hier. Hier gaan ek seker maar so veel as moontlik maar my gedagtes - deur my vingers na die keyboard oor 'n lyn deur 'n paar routers en firewalls na 'n ander server en weer terug na jou skerm in jou oë in - in jou gedagtes inbrand. Klink nice né?

(Hoe maak mens die flippen deeltekens en kappies op 'n web-based textbox? Moes maar in Word compose en maar terug gepaste hier hehe - boer maak 'n plan)

Ek gaan 2 keer 'n week 'n artikel hier post. Dit kan dalk meer word later, maar ek wil net eers sien of ek kan byhou.

Aaaaanyways... Hier ga’ oor Sport, politiek, oumense, vroumense, kinders ens. gesels word. So as jy sensitiewerig is vir die waarheid, voel vry om terug te keer na google en te search vir katjies en skoenlappertjies…ok?

Check jou

BlogAfrikaans.co.za

Soek jy iets?