Thursday, April 26, 2007

CHOKERS

En nou is dit so, net soos die opskrif hierbo lees. Die Aussies was seker reg. Toe kry ons ‘n moerse pakslae. Well done boys – maar eweskielik lui die woorde van Wikus van der Merwe in hul koppe – “ek kom huis toe”.

Alle krediet aan die Proteas dat hule so ver gekom het in die toernooi, maar kyk, daai Aussies kan darem maar krieket speel. Hulle verdien om te wen.

Ek sit en kyk nou die dag toe die Proteas Engeland so lekker pakslae gegee het by die Krieket Wêreldbeker.Kyk dit was darem maar nice hoor! My vriend in die Ander Pretoria (Londen vir die ongeletterdes in ons mede) sê daai Souties het gou stil geword toe die dinge begin gebeur vir die Proteas hehe. Nou is ons stil…

Maar die Engelse was in die ou dae maar ‘n klomp vuil bliksems. Ons almal ken die storie van William Wallace (Braveheart) en die skotte se probleme met die Engelse. Hulle wou die wêreld regeer. Kyk maar na al die lande wat hulle gekoloniseer het en/of invloed gehad het: Indië, Mauritius, Australië, Indië, Suid-Afrika en vele ander Afrika lande om maar net ‘n paar te noem. Baie van die lande kan getuig van die vuil manier waarop die Britte te werk gegaan het, waarvan ons self ook nog kan getuig (verskroeide aarde beleid, konsentrasiekampe, en hoe hulle die boere nie hul eie plek in die son wou gun nie). Partydae wonder ek of hulle nie erger as Hitler was nie – maar Duitsland het hul wel gou op hul plek gesit met daai bombing run oor Londen een aand. Daarna was hulle nice met almal – amper almal.

Net vir interessantheid die gesprek tussen Paul Kruger en die Queen, toe Oom Paul die lot van SA by haar gaan bepleit het, toe sê die Queen vir hom: “The sun never sets over the British empire” – waarop Oom Paul geantwoord het: “That is because God doesn’t trust the English in the dark.” Dis reg Oom – sê haar!

Maar kyk nou na die flipside van die scenario – meeste van hierdie lande het die sporte van Engeland agterhou lank na Engeland se onttreking uit hierdie lande: Indië is nou ‘n krieket nasie, Suid-Afrika krieket én Rugby en so ook Australië ensomeer ens.
– jy kry die prentjie.

So nóu, dekades na nie gemors wat hulle aangejaag het, sien ons tog die goeie dinge wat uit hul kolonisering gekom het. As dit nie daarvoor was nie, sou die krieket – en – rugbywêreldbeker maar boring gewees het - jy kyk die wêreldbeker en die enigste deelnemers is… uuuhm… Engeland en Australië?

As dinge anders gebeur het, sou ons dalk Saterdae na jukskei en toutrek gekyk het op Supersport…?

Ore en uit

P.s. Cecil John Rhodes was tog ‘n moffie!
BlogAfrikaans.co.za




4 comments:

Anonymous said...

Juit jou sleg vuil hond wati gewas wil wordi,Koolsberg hie,sal indrop n pa goed post haha wanr ko jy kuier ini kaap?

Anonymous said...

se maar niks vannie engelse nie, ek's van die ander pretoria, nietemin - my hart le steeds diep in afrika, het hier innie verte kom leer hoe belangrik mens se roots is - keep 'em coming boerq

Anonymous said...

Aaaargh, hou op kak praat!!

Anonymous said...

Punt ini wind!monster wazzup?

Soek jy iets?