Wednesday, August 29, 2007

Say Cheese!





Geen wonder hulle noem dit 'n duikboot nie...

Hey ons gaan mos weer Desember leeeeeekker swem daar in Mosselbaai... NOT! Daar blaf die haaie vir jou.

Thursday, August 23, 2007

My gedagte vir die dag n.a.v 'quote of the day'

"To Err is human, but to Arr is Pirate..."

Wednesday, August 22, 2007

Dit sê alles! Hehe

Kliek op die spotprent om dit volle grootte te sien

Tuesday, August 21, 2007

Wys jou Muis

Ek dink nie ek het jul gese dat ons so 2 weke terug vir ou Dewald gehelp het met die skiet van sy video nie. Hy het good-looking ouens nodig gehad om in die video te "star", en omdat sulke good-looking ouens soos ons BAIE skaars is, moes hy toe maar vir ons vra, hehe. En hier is dit! Waarvoor ons almal gewag het. Ou Jaco SHINE natuurlik orals in die video. BLIKSEMS NICE VID EN LIEDJIE! Hierdie song gaan groot gaan pappie!



Dewald speel elke woensdag by Pepper Chair. Vir meer info oor Dewald, volg hierdie link, en as jy nie weet waar Pepper Chair is nie, volg die link op die linkerkant van hierdie blad.

Aaaaag, daai blonde was darem maar pragtig... op al die regte plekke...

Sien jou daar

SKOTE!

Wednesday, August 15, 2007

HOND SNAAKS!

Hierdie is net so freakin snaaks - ek moet dit met julle deel hehe! Maak seker jou klank is aan...



Stoopid comes in all shapes and sizes! Al is dit 'n advertensie, glo ek nie dit is opgemaak nie, die footage is real! Arme knaap gaan 'n lekker knop op sy kop he...

Skote!

Friday, August 10, 2007

Kommin of nie?

Jippeeeeeeeee ons het weer petrol, die staking is verby. Ok who is next on the disguntled worker striking roster?

Ek sien Ou Robbie Wessels speel in 'n nuwe fliek "Poena is Koning", en ek bring vir julle die unrated trailer. 18LN Viewer discretion is advised.



Nou ja, wat sal ek se. Ek het nou nie gedink dat Robbie so laag sal daal nie, aangesien ek self ook 'n groot aanhanger van hom is. Die fliek sal ongetwyfeld snaaks wees, maar ek het regtig 'n verdeelde opinie oor hierdie ene. Het hulle die borders dalk te ver ge'push'? Dalk jaag hulle net 'n spesifieke teikenmark, want die fliek handel tog oor "Poena", wat met opset ge-cast is as 'n kommin karakter. Ek dink net dat hulle dieselfde effek kon kry, sonder om te skok met naaktheid en oormatige vloekery. Veral ook omdat Robbie Wessels derduisende minderjarige 'fans' het wat nou moet wegkyk en vir hul 'n ander held sal moet vind...

Die volgende stempaal sal hieroor handel.

Skote

PS: Hier is 'n clip van die Jet Car wat ons gesien het by Tarlton op vrouedag. Hierdie ding is MOER vinnig! 0-419 km/h in minder as 7 sekondes!


Monday, August 6, 2007

Petrol staking

Ag dis vir my so mooi dat daar nou petrol tekort is. Die gewone teenstrydigheid en onbekwaamheid om 'n die konneksie tussen jou party en die regering te maak is alweer duidelik soos daglig. Dit is net so duidelik soos Limpopo Polisie Kommissaris, Calvin Sengani se uitlating dat "Zimbabweans who crossed the borders (illegal immigrants) onto farms were not guilty of any crime."* dat die kommissaris nie eers weet wat "illegal" beteken nie. Heel komies ne?
*news24

Maar terug by die petrol... Die mense is so erg oor 'upliftment' en 'elimination of poverty,' maar die mense wat die ERGSTE geaffekteer word deur die petroltekort, is die mense wat op 'n dag-tot-dag inkomste staatmaak, bv. meeste huishulpe, vryskut bouers ens. Hierdie mense is afhankilik daarvan om met die taxi in die dorp/stad te kom om 'n geldjie te verdien net om iets in sy pens te he vanaand. Maar as die petrol klaar is, loop die taxi's ook nie meer nie, en die meerderheid gaan slaap honger, omdat hul broers wat WEL salarisse verdien ontevrede is daarmee. Maar einde van die maand kry staker nietemin sy salaris, terwyl die meerderheid honger gely het en nou weer moet sukkel om 'n los werkie erens op te tel. Mooi man - jy benadeel jou eie mense, jou dom donner.

Beste van alles is dat hierdie stakende persone nie weet dat enige impak op die ekonomie hulle ook gaan affekteer nie, en daaruitspruitend sal sy vehoging hom niks help nie omdat alles duurder gaan wees. Waaaaaahaaaaa!

As ek nie petrol in my kar oor het om mee werk toe te gaan nie sal ek 'n lift organize of anders - if all else fails - sal ek maar by die huis bly! Ek sal nog steeds my salaris einde van die maand kry, want geen werkgewer kan my verantwoordelik hou omdat die owerheid toelaat dat infrastruktuur in duie stort nie. So jy spite nie vir my nie hoor, ek sal maar nou net bietjie duurder betaal vir goed op die rakke - net soos jy, meneer die staker.

Cut your nose, and spite your own face. Nice comrades... ek sal wag totdat alles in sy moer is, en dan sal ek maar weer die stukke optel, ok? Onthou net dat jy nie dan kan aanspraak maak op dinge wat ek gered/herstel het nie.

Van die os op die jas: Ons het 'n puik naweek gehad by die TLU veiligheids kursus! Ons het geleer van vuurwapen-veiligheid-en-hantering, brandbestryding, noodhulp, selfverdediging ens. en het baie geleer. Dit is uit en uit die moeite werd om jouself te verryk met hierdie kennis. As jy meer wil weet los jou email in die 'comments' hieronder.

Skote

PS: FYI: Dit is offisieel dat daar begin gaan word om alle Pretoria naamborde te vervang met Tshwane naamborde (het ek dit reg gespel? WHO CARES?). En nog 'n ding - wees wakker by jou huis, want as daar nie petrol is nie, ry jou armed response en die polisie ook nie.

Thursday, August 2, 2007

Die selfoon euwel

Dagse! Jammer ek het laat slap le hierdie week. Was net moer besig en aan die ander kant was ek besig met die ontwikkeling van my patent. Dit sukkel-sukkel maar, maar ek maak staaaaadig vordering.

Op die stempaal (poll) oor wie die beste selfone vervaardig, het Nokia en Samsung gelyk eerste plek gevat. Sony Ericsson en Motorola 2de en 3de. Dankie vir die stemme!

Ek gaan die naweek bietjie op 'n weerbaarheidskursus, en ek gaan bietjie my selfoon afsit terwylek daar is.

Selfone het deesdae so 'n euwel geword sienende dat, om beskikbaar te wees as vanselfsprekend aanvaar word. My selfoon is 247-365 aangeskakel, maar laat 'n ou se battery nou net 'n bietjie pap word en selfoon het gevrek, dan word jy omtrent van alle kante af uitgetrap omdat die bleddie ding af was. "Waar is jy?", "Ons was bekommerd", "Hoekom antwoord jy nie jou telefoon nie" is maar van die dinge wat 'n mens toegesnou word deur die baas, girlfriend, ouers ens.

Ek het altyd gewonder hoe die mense besigheid gedoen het voor die aankoms van selfone. Pieter van der Merwe het eendag hierdie vraag aan my beantwoord: "Elke besigheidsman het 'n sekretaresse gehad om sy oproepe te neem. In die oggende gee hy sy dagboek vir sy sekretaresse met al sy kliente se kontaknommers en tye wanneer hy daar sal wees. Indien iemand hom soek, sal sy die oproep aanstuur na waarookal hy is n.a.v sy skedule." BRILLIANT! Ek moer sommer my selfoon in die see... eh... maar dan sal ek 'n stiptelike dagboek moet byhou... uhm... hou maar by die selfoon. Daar is deesdae seker min werk vir 'n sekretaresse, ek wonder?

Maar nou ja dit is maar seker elke ou se besluit of hy sy selfoon die heeltyd wil aan he. Dit is juis hoekom ek hierdie blog skryf, sodat hierdie goete aan die lug gebring kan word. Ons is so opgesuig deur ons leefstyle dat onssoms vergeet van die klein goedjies wat ons gebind hou aan ons stresvolle samelewing.

toedeloo do toedeloo do toedeloo to doooooo...

Skote

Soek jy iets?