Monday, August 6, 2007

Petrol staking

Ag dis vir my so mooi dat daar nou petrol tekort is. Die gewone teenstrydigheid en onbekwaamheid om 'n die konneksie tussen jou party en die regering te maak is alweer duidelik soos daglig. Dit is net so duidelik soos Limpopo Polisie Kommissaris, Calvin Sengani se uitlating dat "Zimbabweans who crossed the borders (illegal immigrants) onto farms were not guilty of any crime."* dat die kommissaris nie eers weet wat "illegal" beteken nie. Heel komies ne?
*news24

Maar terug by die petrol... Die mense is so erg oor 'upliftment' en 'elimination of poverty,' maar die mense wat die ERGSTE geaffekteer word deur die petroltekort, is die mense wat op 'n dag-tot-dag inkomste staatmaak, bv. meeste huishulpe, vryskut bouers ens. Hierdie mense is afhankilik daarvan om met die taxi in die dorp/stad te kom om 'n geldjie te verdien net om iets in sy pens te he vanaand. Maar as die petrol klaar is, loop die taxi's ook nie meer nie, en die meerderheid gaan slaap honger, omdat hul broers wat WEL salarisse verdien ontevrede is daarmee. Maar einde van die maand kry staker nietemin sy salaris, terwyl die meerderheid honger gely het en nou weer moet sukkel om 'n los werkie erens op te tel. Mooi man - jy benadeel jou eie mense, jou dom donner.

Beste van alles is dat hierdie stakende persone nie weet dat enige impak op die ekonomie hulle ook gaan affekteer nie, en daaruitspruitend sal sy vehoging hom niks help nie omdat alles duurder gaan wees. Waaaaaahaaaaa!

As ek nie petrol in my kar oor het om mee werk toe te gaan nie sal ek 'n lift organize of anders - if all else fails - sal ek maar by die huis bly! Ek sal nog steeds my salaris einde van die maand kry, want geen werkgewer kan my verantwoordelik hou omdat die owerheid toelaat dat infrastruktuur in duie stort nie. So jy spite nie vir my nie hoor, ek sal maar nou net bietjie duurder betaal vir goed op die rakke - net soos jy, meneer die staker.

Cut your nose, and spite your own face. Nice comrades... ek sal wag totdat alles in sy moer is, en dan sal ek maar weer die stukke optel, ok? Onthou net dat jy nie dan kan aanspraak maak op dinge wat ek gered/herstel het nie.

Van die os op die jas: Ons het 'n puik naweek gehad by die TLU veiligheids kursus! Ons het geleer van vuurwapen-veiligheid-en-hantering, brandbestryding, noodhulp, selfverdediging ens. en het baie geleer. Dit is uit en uit die moeite werd om jouself te verryk met hierdie kennis. As jy meer wil weet los jou email in die 'comments' hieronder.

Skote

PS: FYI: Dit is offisieel dat daar begin gaan word om alle Pretoria naamborde te vervang met Tshwane naamborde (het ek dit reg gespel? WHO CARES?). En nog 'n ding - wees wakker by jou huis, want as daar nie petrol is nie, ry jou armed response en die polisie ook nie.

1 comment:

Anonymous said...

Ja nee, hierdie jaar het mense staak-bedonderd geraak. Miljoene werksdae al klaar ISM(In sy m**r) en nou word nog meer tyd gemors op soek na petrol. Tsk...tsk...tsk.

Soek jy iets?