Thursday, August 2, 2007

Die selfoon euwel

Dagse! Jammer ek het laat slap le hierdie week. Was net moer besig en aan die ander kant was ek besig met die ontwikkeling van my patent. Dit sukkel-sukkel maar, maar ek maak staaaaadig vordering.

Op die stempaal (poll) oor wie die beste selfone vervaardig, het Nokia en Samsung gelyk eerste plek gevat. Sony Ericsson en Motorola 2de en 3de. Dankie vir die stemme!

Ek gaan die naweek bietjie op 'n weerbaarheidskursus, en ek gaan bietjie my selfoon afsit terwylek daar is.

Selfone het deesdae so 'n euwel geword sienende dat, om beskikbaar te wees as vanselfsprekend aanvaar word. My selfoon is 247-365 aangeskakel, maar laat 'n ou se battery nou net 'n bietjie pap word en selfoon het gevrek, dan word jy omtrent van alle kante af uitgetrap omdat die bleddie ding af was. "Waar is jy?", "Ons was bekommerd", "Hoekom antwoord jy nie jou telefoon nie" is maar van die dinge wat 'n mens toegesnou word deur die baas, girlfriend, ouers ens.

Ek het altyd gewonder hoe die mense besigheid gedoen het voor die aankoms van selfone. Pieter van der Merwe het eendag hierdie vraag aan my beantwoord: "Elke besigheidsman het 'n sekretaresse gehad om sy oproepe te neem. In die oggende gee hy sy dagboek vir sy sekretaresse met al sy kliente se kontaknommers en tye wanneer hy daar sal wees. Indien iemand hom soek, sal sy die oproep aanstuur na waarookal hy is n.a.v sy skedule." BRILLIANT! Ek moer sommer my selfoon in die see... eh... maar dan sal ek 'n stiptelike dagboek moet byhou... uhm... hou maar by die selfoon. Daar is deesdae seker min werk vir 'n sekretaresse, ek wonder?

Maar nou ja dit is maar seker elke ou se besluit of hy sy selfoon die heeltyd wil aan he. Dit is juis hoekom ek hierdie blog skryf, sodat hierdie goete aan die lug gebring kan word. Ons is so opgesuig deur ons leefstyle dat onssoms vergeet van die klein goedjies wat ons gebind hou aan ons stresvolle samelewing.

toedeloo do toedeloo do toedeloo to doooooo...

Skote

1 comment:

Anonymous said...

Hey Mnr BQ

Dis weer Johan hier... ek het altyd geweet jy't nie onder 'n hoender uitgekruip nie, maar jou skryfstyl en pragmatiese uitkyk op die lewe blaas my weg.

Ek het kommentaar gelewer op die "Siek my bra, SIEK!" artikel en Morné het my raakgesien. My details is daar as jy ooit lus kry om kontak te maak.

Soek jy iets?