Monday, May 28, 2007

Bewende Laan


k weet nie wie van julle Vrydagaand se 7de laan episode gekyk het nie. Wel, ek het, en dit was uiters teleurstellend.


Mag ek julle sê hoekom?Wel, eerstens is daar net bollie en hare, snot en trane - niks meer positief, snaaks of opbeurend soos in vroeër episodes nie – net moelikheid. Ek weet nie hoe lank dit nou al so aanhou nie, maar gereelde kykers sal seker weet. Die mense in 'Die Laan' leef nou ook in vrees. Daar is aanrandings en hi-jackings ens - net soos in die regte SA lewe! As die vervaardigers/skrywers beoog om vir iemand 'n boodskap daarmee te wil oordra, is ek iedwat bly, en wil ek ook se STERKTE. As duisende briewe voor Mbeki se deur nie 'n verskil kon maak nie, probeer julle vergeefs. In my opinie hoor mense in elk geval te veel van die stront in ons land en wil hulle dit nie in hul gunsteling sepie sien nie, veral nie as die nuus reg daarna volg nie. 'Die Laan' is meeste Afrikaners se Utopia - daar is wel soms moeilikheid, maar alles werk altyd reg uit op die einde. Dit sluit soooortvan aan by my volgende punt: Totale gebrek aan kreatiwiteit. Hieroor hoef ek natuurlik glad nie verder uit te brei nie.

Dit lyk ook vir my asof die vervaardigers al hoe minder dialoog in die 30minute, minus advertensiebreuke, probeer inpas. As Paula vir Steve iets se, vat dit hom so 10 sekondes om terug te antwoord. Selfs in die karakters se eie sinne is daar oormatige lang poses. Dit is amper soos om ‘n CNN conference call te kyk tussen George W en Tony. So, teen die einde van een episode was daar so, uuuhm, 10 minute se dialoog? Hier word nie baie gepraat nie – ons kyk net die prentjies… En asof dit nie genoeg is nie, verskyn daar ‘n vroulike buikspreker op die show! Grappie… dit was eintlik net ‘n gewone vrou, maar haar lippe het nie lekker saam met die woorde beweeg nie... hoor jy dit? OORGEKLANK? Ek dog toe amper iemand gaan nou ‘n flashy kung-fu move uitpluk in Oppikoffi en die arme girl op haar snoet wiks - roundhouse-styl, maar toe is dit ongelukkig nie die geval nie, alhoewel dit vir meer opwinding in die storie sou sorg! Dalk het iemand vergeet om die mikrofoon aan te skakel, want as die probleem die vrou se stem was, hoe de hel het sy die oudisies deurgekom? Vra ek jou. Amper tune ek in op Radio 2000. Die 80’s is lankal verby – niemand val meer vir oorgeklankte twak nie. Wel, amper niemand.

Dalk dink die vervaardigers hulle hoef nie meer oordentlike scripts te skryf nie omdat… Steve in die die show is! Hy sal mos man-alleen hulle kykergetalle opstoot!

Moer die teks in die drom Dezi…

Skote

P.s: Ek het die kappies en deeltekens uitgelos - ek was te haastig - sorry. En ek weet Mr.T/B.A het niks met die storie uit te waai nie - wou maar net met julle deel

Wednesday, May 23, 2007

Die een se dood...

...is die ander se brood. Dit kan 'n mens oral waarneem. Eerstens in die natuur - waar dit letterlik daarop neerkom, en dan ook in ons samelewing en ook werksomstandighede. Dit is een van daai 'dit is nie fair nie ek byt moeilik daaraan dis te erg' - feite van die lewe.

Maar nou wil ek weet waar vegetariërs uit die bus uitval? Ek was een aand onbewus van die feit dat ek saam met 'n vegetariër aan tafel sit. Ek het gesien die persoon (dame) eet nie vleis nie. Ek haak toe sommer heel ligsinnig af: "If you're a vegetarian because you like animals, then why are you eating their food?" Waarop ek toe besef dat 3 van die ander 4 persone aan tafel (2 ouens en 2 vrouens) ook vegetariërs is, en ek is out-numbered. Die enigste ander vleisvreter lyk asof hy wil weghol. Ek moes geweet het toe ek hul skarlaken-wit, amoeba-agtige velletjies gesien het - doh!

Sooo debateer ons maar verder en gaan draai by jag en by die skaap op die trok - aaaaaagh die selfde argument alweer wat ek al telke male oor geargumenteer het. Ek gee die vegetariërs toe maar die oorwinning- "Sometimes the best way to win an argument, is to lose it" - ek koester hierdie woorde.
Laaaater gaan draai die gesprek by babetjies hê en alles wat daarmee gepaard gaan (no pun intended!). Die een vegetariese vroutjie haak toe af: "I'll never wash a nappy in my life!" Waarop ek toe met haar begin stry oor hoekom sy so natuurbewus is dat sy nie wil vleis eet nie, maar dat sy nie gepla is dat sy in haar baba se eerste 3 lewensjare sowat 6570 chemikaliee -belaaide, nie-‘biodegradable’ weggooidoeke op Moeder Natuur se stoep gaan los nie! Dis my gat se deksel. (Een weggooidoek vat sowat 500 jaar om volkome te bio-degradeer). Jy het mos 'n wasmasjien by die huis - gebruik gewone doeke en was die goed, dit sal jou baie goedkoper ook uitwerk. As jy gaan reis - gebruik dán weggooidoeke. Maar nee - die konsep sink nie lekker in nie, en aangesien ek en sy nie 'n baba saam het nie, los ek toe maar die argument vir haar om oor te dink - terwyl ek my vriend kombuis toe nooi vir 'n dop. Laaste sien van die blikkantien, he!


In hierdie video klippie hieronder word die "Een se dood..." omgedraai: een se dood, is altwee se brood... kyk bietjie...



Ek ry tog ook 'n Bantam, maar ek sal maar moet sien of ek weer een sal kry, aangesien Ford se diens so swak is in my opinie - k@ksleg. Baie lekker bakkies - die bakkies is egter van 'n beter gehalte as die van Ford se werknemers. Maar anyways - goeie ad.

Skote

Monday, May 21, 2007

~*BLOU*~

Aaaaag dit was darem maar mooi! Go HABANA! Hiedie post is amper soos 'n "Breaking News Alert," sonder besonderse kiekies of ander tierlantyntjies - net 'n geborrel van blydskap.

My meisie is mos 'n Sharks ondersteuner. Teen 80 minute wou ek haar gelukwens met haar span, maar sy was te besig om haar Sharks-vlag rond te waai, en toe druk Habana daai wonderdrie. Hy het mos in die kleedkamer gese dat hy iets spesiaal beplan vir die einde van die wedstryd hehe. Dis hoekom hy Percy so hard getackle het aan die begin van die game - sodat hy sy ding kan doen in die beserings tyd - hehe mooi man!

Ek sal nou graag die storie wil hoor van die Sharks supporters wat so 2 minute voor die einde gewaai het, soos wat party mense maar doen om die toue en die verkeer te mis, en toe al die pad huistoe ge-celebrate het net om by die huis aan te kom en op die nuus te sien dat hulle eintlik verloor het. HAHAAAA... sorry!

Toe is my girl eers snot en trane... Don't count yer chickens...

Ag en toe wen ek mos die Richelieu braairooster stel, en met die krapkaartjies omtrent elke stukkie Richelieu merchandise, insluitend 'n mini-leatherman, glas, beursie, klein botteltjie, 'n t-hemp en 'n keps. Jammer die Lotto is nie meer aan nie, anders sou ek die jackpot ook gevat het.

Ag, en toe vloei die brannas darem leeeeekker... te lekker, errr, maar nou ja. Hier is darem 'n snappy met die selfoon geneem. Check vir Super-Bul!

Kliek hier vir nog foto's!

Tjorts

Friday, May 18, 2007

Media Monsters


aar is gevra oor hoekom sekere bands meer publisitet kry as ander. Dieselfde geld seker maar vir enige celebrity, of selfs maatskappy. Die mees obvious antwoord is seker maar hoe goed jy jouself bemark. Maar daar is wel ‘n ander bydraende faktore.

‘n Baie groot speler is kontroversie (Fokofpolisiekar, Paris Hilton, Nando's), en ook oor wat die masses wil lees of hoor (dirty laundry). Dit is moeilik om te glo, maar daar is BAIE mense met swak of min smaak. So is die jonger garde ook baie beinvloedbaar, en sanger Snotkop, byvoorbeeld, het hiedie mark suksesvol geharnas. Die jonges is soos skape en sal enige iets wat 'n trend, en/of moerse rebels is, volg. Hulle kan nog nie lekker vir hulself besluit nie. Dink ook by jouself - wat sal Huisgenootlesers wil lees? En daar sal jou antwoord lê, dink ek? Hulle sal nie ‘n groot berig skryf oor bv. Afrikaanse band "Die Helde" nie, tensy hulle iets sappigs daaruit kan kry nie, en ongelukkig is dit die sappigheid wat uitgawes verkoop. SENSAAAAAAAAASIE! Mmmmm lekker.

Ek sien ‘n sekere bekende skinder-tydskrif (julle weet almal watter een, genote) is nou op die Nutsman se spoor. Die media het ‘n houtwerkonderwyser in ‘n celebrity verander. Kyk die Nutsman is ‘n slim en handige knaap – met alle respek, en so ‘n jaar gelede het dieselfde tydskrif ‘n moerse artikel oor hom geskryf oor sy sukses. Maar nou dat hy wil skei van sy vrou, trap dieselfde tydskrif (en sy vrou – wat seker ‘n aardige bedraggie betaal word) die arme knaap in die grond in. Hy is ook maar net mens! Maar lyk my hy steur hom nie aan hierdie kinder-k@k nie. Kwaailappies bra!

Die Bok van Blerk – Brits kontroversie is ook op die radio bespreek, en die radio het vir Bok geskakel en hy kon sy kant van die storie te vertel – en ek verstaan sy punt heeltemal oor die scenario. Hy het nou boonop gevloek ook (omdat hy kwaad was), en kamtig is dit nou heeltemal te erg. My donner man – hy is ook net mens!

Die media is nooit aan jou kant nie, maar is wel ‘n goeie bemarkingsmiddel, maar hulle sal jou verlede en jou hede weer en weer omkeer om ‘n skande te probeer blootlê, selfs al is dit net gerugte. Maar lesers glo mos enige stront wat hulle lees, en hierdie lesers is gewoonlik dieselfde mense wie se lewens so oninteressant is dat hulle niks beter het om te doen het , as om ander mense se lewens te evalueer en te bespreek nie. Hoekom verlekker jy jou nie liewer aan jou eie probleme nie – damn dit sal nice wees!

Ek persoonlik is ook ‘n mens wat my nie steur aan ander mense se skindery oor ANDER mense se skandes en probleme ens nie. Ek het genoeg van my eie probleme, en dus wil ek nie van ander mense se k@k hoor nie. Boonop mors jy my tyd ook. My vriende sal ek aanhoor, en hulle sal my ook aanhoor, as een van ons ‘n probleem sou hê, maar dit bly tussen ons. Die issue vir my is net hoekom mense so behep is met ander mense se doen en late. As mense begin skinder van mense wat ek ken – sit ek dit gewoonlik stop, of ek verlaat liefs die geselskap.

Bly uit skinderstories en politiek uit – en jy sal lekker kuier saam met almal, vir ‘n baie lang tyd. Die boere moet regkom en ophou om hul eie mense te verneder.

Skote :-)

Tuesday, May 15, 2007

Woensdag...

...is ‘n baie lekker dag in Centurion. Laat ek julle sê hoekom.

Punt no. 1

Ek weet nie of jy al gehoor het van Dewald Dippenaar nie – jy moes al heel waarskynlik. Behalwe dat hy my bakkie gestamp het, is hierdie knaap ‘n entertainer van formaat. Hy het twee musiekvideo’s wat tans roteer op MK89: “Wie is jy” en “Jy is als”. Met ‘n arsenaal van sy eie songs en kitaarvernuf wat letterlik wat die snare laat huil, skud hy die plek behoorlik met singalong old-en-new school rock, en balanseer ook die aand met rustige ballads tussenin. Baie, baie lekker. Partykeer as hy ‘n ruskans vat, tel ek ook bietjie sy kitaar op en doen ‘n paar Koos songs, of ek join hom vir ‘n song of twee. Gaan loer bietjie by sy websaait.

Punt no. 2

As jy ‘n goeie deal op ‘n lekker steak soek, het ek vir jou die oplossing! Pepper chair (een van my geliefkoosde kuierplekke) run op woensdae ‘n T-bone steak special R50 vir 1kg T-bone en R40 vir 600g T-bone met chips of ‘greens’ Bargain he? Geniet hom dan saam met ‘n rooiwyntjie, of ‘n brannas as jy wil. Die steaks word so vanaf lunchtyd voorberei op die braai, en saans in die kombuis. Treat jou baas sommer, of nuwe business partners, of die man in jou lewe (ek hoop my girl lees hier). Vrydae run hulle ook leeeeeeekker specials.As jy nou nie so 'n kranige steak- eter is nie, is daar heelwat ander smaaklike disse om van te kies op die spyskaart - teen baie billike pryse. Vra my - ek eet gereeld daar.

GEVLOGTREKKING:
Toevallig speel Dewald dippenaar by Pepperchair elke Woensdag aand! So nou kan jy lekker eet, ‘n goeie kunstenaar sien optree EN ‘n knertsie geniet - Sonder dat dit jou ‘n arm en ‘n been kos! Pepper Chair vra nie ‘cover charge’ nie.

Pepper Chair is onder in Lyttleton(Jean)weg, Centurion - langs die BP Garage, net voor Ou Johannesburg weg.

So, sien ek jou daar?

Skote

PS: Baie geluk se aan vriende Ian en Rea Vos, wat Saterdag getrou het. Mag die voorspoed julle verveel! En ook baie dankie aan die Werabrug polisie en die polisie-lugvleuel vir hul vinnige en professionele optrede met Vrydagaand se inbraak in ons omgewing. Hulle wat blitsig daar en het MY amper arresteer in die veldjie waar ek na die skurk gesoek het – daarna het ons saam gesoek en die kelihopter het vir ons mooi lig gemaak. THANKS!

Thursday, May 10, 2007

Hierdie blog is Halaal...


et soos die melk wat jy in jou koffie gooi. Ja - moenie so verbaas wees nie!

Ek gaan koop nou die dag vir my melk by die garage, net soos enige mens, sodat ek my ontbytgraan (aitsa die suiwer afrikaans!) en tee kan geniet. Jy weet - koeisap! Daai wit goed wat uit 'n koei se speen kom. (Vir die post 90's generasie: mmm ja, dis waar melk vandaan kom. Moooo!)



Terwyl ek in die elle lange ry staan, lees ek maar die melk kannetjie se verpakking. En toe sien ek dit - so 'n maantjie met sterretjies ens, 'n bliksemse HALAAL embleem op my melk! Wat dit nou éintlik vir my sê is dat hierdie koeisap ge-“bless” is deur een of ander bebaarde knaap in ‘n lang rok?! Ek reken dit is nou seker maar die geval! Amper sit ek die melk terug op die rak, maar die gedagte van swart tee keer my.

Kyk dit is nou vir my bullsh… hierdie (no pun intended)! As jy ge-”bless”-de melk wil hê, begin jou eie flippen melkplaas! En …ag, weet jy wat? As jy genoeg tyd het om al die melk in die land te “bless” (flip dit moet ‘n ou besig hou!), “bless” dan sommer die koeimis ook, en daarna “bless” jy die gras wat deur die koeimis bemes word voordat die koei dit eet. Dan hoef jy seker nie die koei meer te “bless” nie. Wel – ek weet tog nie hoe werk jou reëls nie, bless sommer die mikrobiologie ook, net om safe te wees. OK? Mohammed het duidelik genoeg tyd! Maar nou moet ek ook deel wees van hierdie ge-“bless”-ery. Ek is regtig nie meer lus om van daardie melk te koop nie, nie omdat ek vol nonsens is nie, maar die gedagte laat my gril. Nou nou val een van Mohammed se baardhare in die melk terwyl hy dit “bless”? Dit is bekotsenswaardig. Ek gril nogsteeds.

Maar dit storie het altans ‘n nuuskierigheid in my aangewakker – hoe vind hierdie “bless”-ery plaas? Ek sal graag wil sien hoe die diens verloop daar in die melkery, en dalk is die baardhaar idee glad nie so verregaande nie. Kry vir jou kameelmelk Mohammed, ofmoet dit ook ge-”bless” word?


Hierdie blerrie goed gaan nog steeds in MY keelgat af, en ek wonder hoekomdit nodig is. Gee tog net vir die Halaal melk ‘n ander etiket as die van die melk wat ons nie-moslems gebruik, maar moet ASB nie jou geloof – letterlik in my keelgat afdruk nie tjom. Ongelukkig is dit nie net die melk nie, maar die meeste van ons voedselprodukte wat so ge-"bless" word.

Dis amper so goed Clover besluit om die ou landsvlag op die melkkannetjie sit omdat die melk wit is.
(maar koeimelk kom uit swart, wit en bruin koeie… vir die wat nie weet nie)

Vat hulle juffrou Croft!

Ore en uit

Tuesday, May 8, 2007

Wagwoord is kassensitief




is! Hier’s ek weer, hier’s ek weer, met my artikel voor jou deur…

Ek weet nie of jy al met hierdie Afrikaans ge-ingenieurde tegniese terme kennis gemaak het nie, maar as jy in die IT-of-motorbedryf is, moes jy definitief.

Vanoggend lees ek ‘n mail waarin daar gepraat word van “rugsteunkopieë” – ja dit is reg. Dit het my presies 5 sekondes gevat om uit te figure en te verstaan, 5 sekondes langer as wat dit my sou gevat het om “backup” te lees.

Ek het toe maar aan nog komiese voorbeelde gedink wat ek al voorheen gehoor het:

koppelaarpedaal -‘n steeltoe CAT boot wat bedoel is om mee te skop
Webtuiste -waar ‘n spinnekop bly
webwerf -plaas met baie spinnekoppe
Nok-as -Baseball bat
Mega/Gigagreep -As ‘n sterk ou jou vashou
Hardeskyf -Daai goed wat Rasta’s rook
Sagteskyf -Wat studente rook
Slapskyf -As bogenoemde nat geword het
Kletterpet -‘n ander woord vir 'n valhelm (regtig!)

Hier is nog baie voorbeelde – maak maar jou eie gevolgtrekkings.

Ek wonder net wanneer het iemand besluit dat Afrikaans nou Afrikaans bly in hierdie stel regulasies - en nou moet ons, net om binne die regulasies te bly, sommige simpel woorde uit dink om die ou-ballies gelukkig te hou. Kan jy jouself indink die ontsteltenis toe die Hollands/Frans/Duits na Afrikaans begin ontwikkel? Nee! Daar was nie ontsteltenis nie want Afrikaans was die “slang” van die ou dae – en nou is dit die volkstaal. Iemand het toe besluit dat die taal nou nie verder gaan ontwikkel nie en ook besluit dat HULLE die nuwe, onmisbare, engelse woorde sal vertaal na watookal hulle goed dink. Ek dink sommige van hierdie woordmakers het nogal ‘n sin vir humor, as ek sό na van hiedie woorde kyk. Partykeer dink ek die juisgenoot dink hierdie woorde eerste uit en dan word dit maar net so aanvaar. Whatever tickles you fancy…

Nog ‘n issue vandag is ook di afkrtngs wt in smse gebrk wrd, en dt wrk ngl. Juli vrstn hlteml wt ek hir tik ne. Hlle se dt slfs die kndrs se vingrlitte bgn anpas om te cope mt di hveelhyt tikwrk wt hlle op di selfn dn, en gn mntlik geneties (he di ‘n tough ene!) oorgdra gn word na hlle kndrs.

Wel – dit werk doen dit nie? En dit is nogal irriterend om die 100% korrekte spelling op ‘n selfoon te probeer tik in ‘n lang sms. So maak die kommunikasie makliker. Nietemin sal ek verkies om 'n brief te ontvang wat in ordentlike Afrikaans geskryf is.

Wou maar net hierdie punte aan die lug bring. Dis 'n kwessie van wat jy verkies om te gebruik. Afrikaans sal altyd voortbestaan, maar moet die taal nie in 'n blik probeer druk nie. Psop mr nt vr di mgagrp…

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

Bietjie laat...



orry - ja ek weet - die post is bietjie laat - maar vandag bederf ek julle met 2 posts! Ek was Saterdag bietjie loftus toe vir die Blues vs Bulls. Eers wou ek gaan, toe wou ek nie, en toe later die middag was daar 2 kaartjies MET parkering wat niemand wou hê nie! Ek sal mos nie toelaat dat dit gemors moet word nie en ek spring op die kommunikasie lyne en kry iemand om saam te gaan – ‘last minute’.


Almal weet natuurlik wat by die wedstryd gebeur het. Maar kyk ne, daai gees was amazing, en almal wou he ons moes die 100 – merk haal – ons het net nog so 15 minute nodig gehad, dan was ons daar. Die Bulle het ook so min strafskoppe weggegee! 2 of 3 dink ek! Dit IS goeie spel! En ou van der Westhuizen wat toe in die laaste minute weer gaan score – dit was bevonk! Hie is ‘n klippie vir die wat nie daar was nie. Lekker dag verder!




BlogAfrikaans.co.za

Wednesday, May 2, 2007

Deuriemikke Musiek Konsert

Helou daar. Almal lekker langnaweek gehad? Mooi, ek is bly. Ek self ook. Ek is nou so gatvol vir vleis eet dat ek kan… ja. Ons het die hele naweek net gebraai en gebraai en gebraai... darem ook lekker gekuier en sommige van ons het lekker geswem 0h00 in die nag in die bittere koue. Ek sal nie name noem nie - jy weet wie jy is. Ek sal ook nie die fotos post nie, ok?

Ek en andere is mos toe gisteraand na 'Deuriemikke' musiek konsert toe op Loftus Versfeld. Eers was ek heavy die moer in omdat ek al 12h00 daar opdaag en die hekke is nog nie oop nie. My eie fout - ek het nie die kaartjie mooi gelees nie. Die KARNAVAL het 13h00 begin en die show eers 17h00 - DUH maak oop jou oë! Ry toe maar terug Centurion toe en gaan maak ‘n paar ^s.

16h00 weer daar aangekom. Maar kyk, toe is daar vir jou ‘n q wat ek nog by geen Bloubul wedstryd gesien het nie, vanaf hek 6 VERBY hek 5 tot op die B-veld, en onmiddelik sak my moed in my skoene. “Hoekom hierdie lyding – boonop betaal ek om so gestraf te word” -dink ek by myself.

Ek was op die punt om die R157 maar af te skryf en te waai, toe ek die korter ry sien, vir die ‘Golden Circle’ Kaartjiehouers. En raai wat? Ek is mos in die Golden Cirlce. Laanie my broe! Glip daar in en binnekort op die veld – slaan di kampstoeltjies op, ons ga’t nou show kyk. Nie eers die tweede stoel uit sy sak uit nie toe ‘n vrou vir my waarsku: “Julle mag nie hierdie stoele hier opslaan nie, hulle het nou nou mense hier uitgejaag omdat hulle stoele by hulle het.”

Ok dankie tannie. Gmpf.

Pak toe die stoel maar in die sak en skuif na die rand van die Golden Circle, waar ons met ons rue teen die draad kan sit. Maar ek kan nie verstaan nie?! Ek is deur 3 hekke MET securities wat my kaartjie gecheck het, en niemand het my voorgekeer omdat ek stoele by my het nie, en daar staan ook niks op die kaartjie oor hierdie stupid reël nie. My vriend is wel teruggestuur kar toe om sy stoele te gaan bêre hoor ek. Ek bitch en moan oor wie nou sal worrie as ek die stoele opslaan terwyl ek een stoel mooi teenaan die draad begin opslaan.

So hoor die een knaap (aan die ander kant van die GC draad) hoe ek moan oor die stoele en hier haak hy af: “Die stoele sal ‘n probleem wees, want dan kan my dogtertjie nie sien nie.” Ek wou vir hom sê dat dit seker die eerste keer is wat hy by ‘n konsert is, want almal gaan anyway nou-nou regop staan, en dan gaan sy dogtertjie anyways niks kan sien nie, tensy hy haar op sy skouers tel. Maar toe hou ek maar my bek. Ek wou hom nie voor sy kroos verneder nie. Cheapskate.

Die show begin en ons sit maar teen die draad. Toe almal eventually opstaan, en ek ook, toe voel dit asof ’n hiëna an my agterwêreld geknaag het terwyl ek daar gesit het. PYN uit die boonste rakke. Ek word toe genomineer as die “loop om te gaan koeldrank koop” –ou, en begin toe met my uittog. Kom toe by die eerste stalletjie en raai wat? Koeldrank is uitverkoop, en daar het nog net een sanger opgetree. Hoogs die bliksem in stap ek toe maar verder en sien toe later ‘n outjie met baie Coke haastig op pad êrens heen. Volg hom toe tot by – wait for it – dieselfde stalletjie waar ek eerste was.Nou moet ek in ‘n ry staan waar daar nou-nou nie een was nie. Ek is dors my maat en reg om iemand met ‘n vuis by te kom, want intussen het sekuriteit my ook moeilikheid gegee omdat ek nie die GC armbandjie aanhet nie ongeag die feit dat, toe ek ingegaan het, hul armbandjies oppelallas was, en ek nie een kon kry nie.

Terug met die koeldrank by die laer aangekom, slaan ek my stoele op. Bogger julle. Vat aan hierdie stoel en jy val pappie! Ons sit rustig, luister musiek en drink Coke – die gemoedere koel af met elke slukkie vloeistof.

Dinge begin toe lekker raak en die musiek is lekker! Die line-up was soos volg: Nicholas Louw, Bobby van Jaarsveld, Dozi, Nianell, Karen Zoid, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk en Robbie Wessels. Ons sing lekker saam en swaai so bietjie gat en lag vir ander mense. Sekuriteit was paar keer verby ons en het my stoele beloer, maar het niks gedoen nie. Ek is seker hulle kon moeilikheid in my oë lees –hou maar verby. Ou Pieter Koen was ‘n uitstekende seremoniemonster en het die mense lekker laat lag. Karen Zoid het soos gewoonlik geROCK en is gekomplimenteer deur cool pyrotechnics op die stage. Manne Manne!

Later is dit Bok van Blerk se beurt en almal is in groot afwagting vir… jy weet wat. Ek is nou al oor die De La Rey liedjie (al het ek die CD gekoop vir die liedjie) en is moeg om die ding te hoor – death by overplay, maar ek het geweet – vanaand kom hier iets groots… en Bok trek weg met die kenmerkende inleiding van die liedjie: “Op ‘n berg in die nag…” - en jy kan die atmosfeer met ‘n mes sny soos almal begin saam sing: “DE LA REY, DE LA REY, SAL JY DIE BOERE KOM LEI…”


Bok van Blerk sing De La Rey op Loftus - The most popular videos are a click away

HOENDERVLEIS MENSE!! Die van julle wat nie daar was nie – imagine 22 000 mense wat saam hierdie liedjie sing – die mure bewe in Sunnyside! (Kyk die video-clip hierbo) Lekker - kry vir julle + hoor hoe sing die boere, staan-staan-so. Dit was regtig amazing, en De La Rey doen dit nou weer vir my – ‘n onvergeetlike 4 minute. Selfde toe almal vroeër ‘Liefling’ gesing het. Noem my maar ‘n tappet – jy moes daar wees om dit te beleef, al weet jy nie wie is Gé en Derrick nie.

Daarna het Robbie Wessels sy moves kom wys saam met die Bloubul meisies. Dit was flippen cool gekoreografeer. Ek reken hy het maar die laaste slot gekry omdat sy sussie een van die organiseerders was hehe. Die vertoning is toe afgerond met al die sangers wat ‘n laaste liedjie saamsing, en vuurwerke wat my girl amper die dek laat slaan het.

Die aand het toe verskriklik lekker uitgedraai, en ons is toe huistoe met glimlae op ons bakkies.

Knap gedaan Jakaranda, Red Heart en die organiseerders, maak weer so! Sorg net dat daar volgende keer genoeg koeldrank en armbande is, genoeg mense om die stalletjies te beman en ‘n plek vir kampstoele. Dit was goed vir ‘n eerste poging, en hopelik gaan dit volgende jaar nog groter! Dalk sommer 2 keer ‘n jaar. Julle sal Loftus weer en weer volpak!

Sien jou daar next time

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

Soek jy iets?