Wednesday, May 23, 2007

Die een se dood...

...is die ander se brood. Dit kan 'n mens oral waarneem. Eerstens in die natuur - waar dit letterlik daarop neerkom, en dan ook in ons samelewing en ook werksomstandighede. Dit is een van daai 'dit is nie fair nie ek byt moeilik daaraan dis te erg' - feite van die lewe.

Maar nou wil ek weet waar vegetariërs uit die bus uitval? Ek was een aand onbewus van die feit dat ek saam met 'n vegetariër aan tafel sit. Ek het gesien die persoon (dame) eet nie vleis nie. Ek haak toe sommer heel ligsinnig af: "If you're a vegetarian because you like animals, then why are you eating their food?" Waarop ek toe besef dat 3 van die ander 4 persone aan tafel (2 ouens en 2 vrouens) ook vegetariërs is, en ek is out-numbered. Die enigste ander vleisvreter lyk asof hy wil weghol. Ek moes geweet het toe ek hul skarlaken-wit, amoeba-agtige velletjies gesien het - doh!

Sooo debateer ons maar verder en gaan draai by jag en by die skaap op die trok - aaaaaagh die selfde argument alweer wat ek al telke male oor geargumenteer het. Ek gee die vegetariërs toe maar die oorwinning- "Sometimes the best way to win an argument, is to lose it" - ek koester hierdie woorde.
Laaaater gaan draai die gesprek by babetjies hê en alles wat daarmee gepaard gaan (no pun intended!). Die een vegetariese vroutjie haak toe af: "I'll never wash a nappy in my life!" Waarop ek toe met haar begin stry oor hoekom sy so natuurbewus is dat sy nie wil vleis eet nie, maar dat sy nie gepla is dat sy in haar baba se eerste 3 lewensjare sowat 6570 chemikaliee -belaaide, nie-‘biodegradable’ weggooidoeke op Moeder Natuur se stoep gaan los nie! Dis my gat se deksel. (Een weggooidoek vat sowat 500 jaar om volkome te bio-degradeer). Jy het mos 'n wasmasjien by die huis - gebruik gewone doeke en was die goed, dit sal jou baie goedkoper ook uitwerk. As jy gaan reis - gebruik dán weggooidoeke. Maar nee - die konsep sink nie lekker in nie, en aangesien ek en sy nie 'n baba saam het nie, los ek toe maar die argument vir haar om oor te dink - terwyl ek my vriend kombuis toe nooi vir 'n dop. Laaste sien van die blikkantien, he!


In hierdie video klippie hieronder word die "Een se dood..." omgedraai: een se dood, is altwee se brood... kyk bietjie...



Ek ry tog ook 'n Bantam, maar ek sal maar moet sien of ek weer een sal kry, aangesien Ford se diens so swak is in my opinie - k@ksleg. Baie lekker bakkies - die bakkies is egter van 'n beter gehalte as die van Ford se werknemers. Maar anyways - goeie ad.

Skote

3 comments:

Anonymous said...

Vegetariërs verstaan nie dat elke asem wat hulle inteug hulle miljuisende onskuldige vrede-liewende batkerieë doodmaak in elk geval nie. Ek verstaan as jou bloedgroep jou nie regtig toe laat om rooi vleis te eet nie, maar vir die res voel ek bitter jammer oor hulle ou saai oninteressante aangedrewe lewetjies sonder vleis..

Pietie potlood

Anonymous said...

ag ja ne, ek vreet vleis en daarvoor gaan ek nie verskoning maak nie. vegetariers eet nie vleis nie, hulle hoef nie daaroor verskoning te maak nie. ek glo dat ek nie iemand anders vra met watter hand hy sy/sy haar peophol afvee nie, solank ons tog net onthou dit is waar al die stront opeindig in elke geval. ja, mens kan argumenteer oor die onderwerp, wel tot die koeie huis toe kom, maar dit gaan defnitief nie die saak verander nie - it's all down to choice, and I guess we need to respect that - both ways! cheers, lekker eet, wat jy ookal verkies om te eet.

Anonymous said...

Ek stem saam dat dit maar elke ou se eie keuse is wat hy wil eet, ek moes seker maar die artikel so afgesluit het.'n vegetarier moet net nie probeer om my te oorreed omnie vleis te eet nie, net soos wat 'n moffie nie aan my gat moet kom vat nie.

Thanks vir die comment

Soek jy iets?