Friday, May 18, 2007

Media Monsters


aar is gevra oor hoekom sekere bands meer publisitet kry as ander. Dieselfde geld seker maar vir enige celebrity, of selfs maatskappy. Die mees obvious antwoord is seker maar hoe goed jy jouself bemark. Maar daar is wel ‘n ander bydraende faktore.

‘n Baie groot speler is kontroversie (Fokofpolisiekar, Paris Hilton, Nando's), en ook oor wat die masses wil lees of hoor (dirty laundry). Dit is moeilik om te glo, maar daar is BAIE mense met swak of min smaak. So is die jonger garde ook baie beinvloedbaar, en sanger Snotkop, byvoorbeeld, het hiedie mark suksesvol geharnas. Die jonges is soos skape en sal enige iets wat 'n trend, en/of moerse rebels is, volg. Hulle kan nog nie lekker vir hulself besluit nie. Dink ook by jouself - wat sal Huisgenootlesers wil lees? En daar sal jou antwoord lê, dink ek? Hulle sal nie ‘n groot berig skryf oor bv. Afrikaanse band "Die Helde" nie, tensy hulle iets sappigs daaruit kan kry nie, en ongelukkig is dit die sappigheid wat uitgawes verkoop. SENSAAAAAAAAASIE! Mmmmm lekker.

Ek sien ‘n sekere bekende skinder-tydskrif (julle weet almal watter een, genote) is nou op die Nutsman se spoor. Die media het ‘n houtwerkonderwyser in ‘n celebrity verander. Kyk die Nutsman is ‘n slim en handige knaap – met alle respek, en so ‘n jaar gelede het dieselfde tydskrif ‘n moerse artikel oor hom geskryf oor sy sukses. Maar nou dat hy wil skei van sy vrou, trap dieselfde tydskrif (en sy vrou – wat seker ‘n aardige bedraggie betaal word) die arme knaap in die grond in. Hy is ook maar net mens! Maar lyk my hy steur hom nie aan hierdie kinder-k@k nie. Kwaailappies bra!

Die Bok van Blerk – Brits kontroversie is ook op die radio bespreek, en die radio het vir Bok geskakel en hy kon sy kant van die storie te vertel – en ek verstaan sy punt heeltemal oor die scenario. Hy het nou boonop gevloek ook (omdat hy kwaad was), en kamtig is dit nou heeltemal te erg. My donner man – hy is ook net mens!

Die media is nooit aan jou kant nie, maar is wel ‘n goeie bemarkingsmiddel, maar hulle sal jou verlede en jou hede weer en weer omkeer om ‘n skande te probeer blootlê, selfs al is dit net gerugte. Maar lesers glo mos enige stront wat hulle lees, en hierdie lesers is gewoonlik dieselfde mense wie se lewens so oninteressant is dat hulle niks beter het om te doen het , as om ander mense se lewens te evalueer en te bespreek nie. Hoekom verlekker jy jou nie liewer aan jou eie probleme nie – damn dit sal nice wees!

Ek persoonlik is ook ‘n mens wat my nie steur aan ander mense se skindery oor ANDER mense se skandes en probleme ens nie. Ek het genoeg van my eie probleme, en dus wil ek nie van ander mense se k@k hoor nie. Boonop mors jy my tyd ook. My vriende sal ek aanhoor, en hulle sal my ook aanhoor, as een van ons ‘n probleem sou hê, maar dit bly tussen ons. Die issue vir my is net hoekom mense so behep is met ander mense se doen en late. As mense begin skinder van mense wat ek ken – sit ek dit gewoonlik stop, of ek verlaat liefs die geselskap.

Bly uit skinderstories en politiek uit – en jy sal lekker kuier saam met almal, vir ‘n baie lang tyd. Die boere moet regkom en ophou om hul eie mense te verneder.

Skote :-)

No comments:

Soek jy iets?