Tuesday, May 8, 2007

Bietjie laat...



orry - ja ek weet - die post is bietjie laat - maar vandag bederf ek julle met 2 posts! Ek was Saterdag bietjie loftus toe vir die Blues vs Bulls. Eers wou ek gaan, toe wou ek nie, en toe later die middag was daar 2 kaartjies MET parkering wat niemand wou hĂȘ nie! Ek sal mos nie toelaat dat dit gemors moet word nie en ek spring op die kommunikasie lyne en kry iemand om saam te gaan – ‘last minute’.


Almal weet natuurlik wat by die wedstryd gebeur het. Maar kyk ne, daai gees was amazing, en almal wou he ons moes die 100 – merk haal – ons het net nog so 15 minute nodig gehad, dan was ons daar. Die Bulle het ook so min strafskoppe weggegee! 2 of 3 dink ek! Dit IS goeie spel! En ou van der Westhuizen wat toe in die laaste minute weer gaan score – dit was bevonk! Hie is ‘n klippie vir die wat nie daar was nie. Lekker dag verder!




BlogAfrikaans.co.za

1 comment:

Anonymous said...

Lekker man!!

Ek geniet die blog ding wat jy nou begin het....

Ek was self Saterdag daar en dit was NAG!!!

Vaarwel Ben Tune......

Soek jy iets?