Tuesday, May 8, 2007

Wagwoord is kassensitief




is! Hier’s ek weer, hier’s ek weer, met my artikel voor jou deur…

Ek weet nie of jy al met hierdie Afrikaans ge-ingenieurde tegniese terme kennis gemaak het nie, maar as jy in die IT-of-motorbedryf is, moes jy definitief.

Vanoggend lees ek ‘n mail waarin daar gepraat word van “rugsteunkopieë” – ja dit is reg. Dit het my presies 5 sekondes gevat om uit te figure en te verstaan, 5 sekondes langer as wat dit my sou gevat het om “backup” te lees.

Ek het toe maar aan nog komiese voorbeelde gedink wat ek al voorheen gehoor het:

koppelaarpedaal -‘n steeltoe CAT boot wat bedoel is om mee te skop
Webtuiste -waar ‘n spinnekop bly
webwerf -plaas met baie spinnekoppe
Nok-as -Baseball bat
Mega/Gigagreep -As ‘n sterk ou jou vashou
Hardeskyf -Daai goed wat Rasta’s rook
Sagteskyf -Wat studente rook
Slapskyf -As bogenoemde nat geword het
Kletterpet -‘n ander woord vir 'n valhelm (regtig!)

Hier is nog baie voorbeelde – maak maar jou eie gevolgtrekkings.

Ek wonder net wanneer het iemand besluit dat Afrikaans nou Afrikaans bly in hierdie stel regulasies - en nou moet ons, net om binne die regulasies te bly, sommige simpel woorde uit dink om die ou-ballies gelukkig te hou. Kan jy jouself indink die ontsteltenis toe die Hollands/Frans/Duits na Afrikaans begin ontwikkel? Nee! Daar was nie ontsteltenis nie want Afrikaans was die “slang” van die ou dae – en nou is dit die volkstaal. Iemand het toe besluit dat die taal nou nie verder gaan ontwikkel nie en ook besluit dat HULLE die nuwe, onmisbare, engelse woorde sal vertaal na watookal hulle goed dink. Ek dink sommige van hierdie woordmakers het nogal ‘n sin vir humor, as ek sό na van hiedie woorde kyk. Partykeer dink ek die juisgenoot dink hierdie woorde eerste uit en dan word dit maar net so aanvaar. Whatever tickles you fancy…

Nog ‘n issue vandag is ook di afkrtngs wt in smse gebrk wrd, en dt wrk ngl. Juli vrstn hlteml wt ek hir tik ne. Hlle se dt slfs die kndrs se vingrlitte bgn anpas om te cope mt di hveelhyt tikwrk wt hlle op di selfn dn, en gn mntlik geneties (he di ‘n tough ene!) oorgdra gn word na hlle kndrs.

Wel – dit werk doen dit nie? En dit is nogal irriterend om die 100% korrekte spelling op ‘n selfoon te probeer tik in ‘n lang sms. So maak die kommunikasie makliker. Nietemin sal ek verkies om 'n brief te ontvang wat in ordentlike Afrikaans geskryf is.

Wou maar net hierdie punte aan die lug bring. Dis 'n kwessie van wat jy verkies om te gebruik. Afrikaans sal altyd voortbestaan, maar moet die taal nie in 'n blik probeer druk nie. Psop mr nt vr di mgagrp…

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

2 comments:

Anonymous said...

Ek wil ook net graag my introduksie op BoerQ se BLOG maak, jou kollega in misdaad by die werk ou mater,

[Kneukels kneukels], "ver uit broer"

Pietie Potlood
:-)

Anonymous said...

Ek dink jy slaan die spyker op die kop met jou opmerking dat iemand nou besluit het om die ontwikkeling van die taal, soos dit begin het, stop te sit. Ek dink die taal vaders moet so bietjie "common sence" gebruik en soms ook so bietjie leen, veral met baie bekende terme. Engels is die voer taal van omtrent die hele eerste wereld en ons gaan nie wegkom daarvan dat engels 'n baie groot invloed op afrikaans gaan he, net soos op ander tale. Dit geld veral vir tegniese terme.

Die taal vaders is gewoonlik oo nie baie oorspronklik nie hulle gaan vertaal die engelse woord net direk na afrikaans. Soms heg hulle direk vertaalde frases aan mekaar. Dit is deur mekaar!

Die taal vaders moet die regte balans vind tussen aanvaarding van bekende engelse terme en die skep van nuwe afrikaanse woorde of hulle moet dalk hulle eie' nie direk vertaalde woorde, van die stam tale soos germaans gaan aflei. Soos vir die tale wat hulle woorde van latyns af verkry het.

Niemand gebruik woorde soos kletterpet en Nok-as nie. As al die woorde, veral alledaagse woorde, in 'n taal (met relatiewe klein woorde skat)nie gebruik word nie is dele van die taal dood. En wat gebeur met iets vaarvan dele dood is. Dit gaan dood.

Soek jy iets?