Friday, July 27, 2007

TREAT!

Onthou julle vir Travis Pastrana - die dude waaroor ek laasweek geskryf het in "Sjoe eina", wie so gekook het by die X-games? Wel, diegene wat die tipe goed waardeer, is in vir 'n groot treat. HIER IS DIE CLIP WAAR HY GOUD GEVAT HET MET DIE EERSTE DOUBLE BACKFLIP IN X-GAMES MOTO_X!

Sy ma woon elke item by, en sy het haar ogies maar toegehou vir hierdie een. Hy moes dit doen om die Goue medalje te secure. In die interview het hy gese: "I hope I don't ever have to do this again..."

Vir die diegene wat dit minder interessant vind: kyk maar anyways, dit is UNFKNBLVBL!



SKOTE!

Kisusuli Safari's: Alphonso se trip van laasjaar se verslag

Ek wil net so 'n bietjie 'n marketing gig gooi op die blog vir Kisusuli Safari's. Definitief sal ek spaar om hierdie trippie by te woon. Alphonso! Jy was bietjie vinnig op my hierdie jaar hehe! Hel, dit lyk darem lekker! Die link is by my "skakels" bygevoeg.

read more | digg story

Tuesday, July 24, 2007

Siek my bra, SIEK!

As iemand vir jou 10 jaar gelede sou se dat dat selfone nog gaan fotos neem, videos neem, internet konneksie verskaf en blou tande gaan he, sou jy gese het hy praat strooi, en daai persoon sou basically brandstapel toe gestuur soos daai knaap wat gese het dat die aarde om die son draai, en nie andersom nie. He STOOPID!

Die mens het in die laaste sowat honderd jaar in leaps en bounds tegnologies gevorder. Die 'Silicone Semiconductor era'. Mede-stigter van Intel, Gordon Moore het in 1965 'n observasie gemaak dat die hoeveelheid transistors binne 'n Chip (Integrated Circuit, bv Jou rekenaar se CPU) elke 24 maande sal verdubbel. 42 Jaar later, het "Moore's Law" nog nie gefaal nie, maar het het verminder na 18 maande! Dit sorg dat prosessors vinniger en kleiner word. 3GHz CPU beteken dat hy 3000 000 000 (drie-duisend miljoen) verwerkings per sekonde hanteer. 3GHz is vandag entry level vir 'n persoonlike rekenaar.


Hierdie tegnologiese vordering van Data prosesseering loop dan natuurlik oor na alle industriee: beter motors, beter selfone, beter wapens, beter mediese toerusting, en beter navorsing. So... die eerste organisme, die skaap, is al ge'clone'. So... wats volgende ouens...?

Lee Mengwei het toe gedink dat hy bietjie aandag nodig het, en toe het hy 'n verveelde dok gaan sien wat ook sy naam bietjie wil laat hoor. Lee besluit toe dat hy wil 'n baba he... uit sy eie pens...

Hulle het hom toe begin hormone voer sodat hy bietjie meer geskik sal wees om 'n baba te dra. Daarna het die dokters 'n embrio en plasenta in sy pens geplant. Lee het daarna opgehou om hormone te vreet omdat die embrio genoeg van sy eie hormone afskei vir normale groei. Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar! Die eerste pregnant man. Boonop groei die baba normaal.

Great vir Science/Baie, BAIE sleg vir die mensdom. Waarheen is ons op pad mense? Wat gaan van hierdie arme kind se selfbeeld word indien hy sukselvol die wereld in gebring word? (Dit sal dmv keiser-snee wees ingeval y gewonder het.) Dit net oor 'n aandagsoeker en 'n ledige dokter se fantasiee!

In my opinie, skiet hierdie manne crackers op God se voorstoep, en ek dink nie God is baie in sy noppies met hierdie storie nie. Ek dink die baba sal sterf, want daar is BAIE goed van die natuur en universe wat mens nog nie weet/verstaan nie. Wat WEL verstaan moet word is dat sekere dinge op 'n sekere maniere werk - vir 'n rede - en moet nie met dit lol nie. Ek persoonlik sal natuulik glad nie jammer wees as mnr. Lee vrek nie, want dit is waarna hy gesoek het.

As jy meer oor hierdie manne(vroue)wales wil lees kliek hier.

Dalk moet ek ook 'n ginekoloog gaan sien... hierdie boeppens begin my pla...

Friday, July 20, 2007

Kallits...

Why coloureds can't be terrorists: MARK LOTTERING

> > We are always late. We would have missed all 4
> > flights.
> > Mooi kinnes on the plane would have distracted us.
> > We talk loud and would bring attention to ourselves.
> > Met free Kos en cooldrink oppie plane, we'll soema
> > forget why we're there.
> > We praat with our hands, so we'll continually be
> > putting the weapons down.
> > We would ALL want to fly the freaking plane, ending
> > in a moerse fight with
> > each other.
> > We'll somma argue and start a fight in the terminal
> > before we even get on
> > the plane & one of us bound will say out loud: "Gaan
> > kak man! Dan hijack jy
> > die fokken plane alleen!!
> >
> > Os kannie 'n secret hou nie. We would have told
> > everyone a week before doing
> > it, telling them: Moet vir niemand se nie, ho!
> >
> > We would have insisted that the plane fly past
> > Strandfontein Pavillion.
> > We would have all lined up to get our photograph
> > taken by one of the
> > hostages.
> > When we enter the cockpit, we would have used the
> > intercom system for a
> > karaoke session, with one doos trying to sing 'I did
> > it my way".
> >
> > We would first rob everyone's of their Ray-Bans,
> > cellphones and gold teeth,
> > just before we crash the plane.
> > Our whole freaking family plus neighbors would have
> > been at the airport to
> > see us off, crying their bladdie eyes out, and your
> > mother saying to the
> > white ou next to her: I'm so proud of him. It's the
> > first time he's
> > hijacking a plane!
> >
> > We would have dressed like terrorists for our
> > airport go-way clothes:
> > balaclavas, jumpsuits, karate skoentjies, dark
> > glasses, en 'n moerse
> > attitude.
> > Two of us would have forgotten our passports at
> > home.
> > Three of us would have overweight luggage.
> > All of us would have luggage.
> > We would have all wanted to watch the in-flight
> > movie finished first.
> > Before we went over into action, we would have all
> > queued up at the toilet
> > to first gel our hair.
> > We would have taken the plane for a joyride first,
> > played the music at full
> > blast and try to park the plane somewhere where
> > kinnes can see us.

Sjoe eina

Ek is seker almal van ons het al 'n dag gehad wat nie kan slegter nie, maar hierdie girl se dag vat die koek, en dit nog op national TV. Ek voel eintlik sleg om te lag. Ek wonder of sy ooit weer uit die huis uit sal kom...


If You Had A Bad Day - The best free videos are right here

Ek weet nie wie van julle weet wie Travis Pastrana is nie. Hy het in X-Games 12 in 4 items deelgeneem en 3 goue medaljes ingeryg waarvan een was vir die Rally item, waarin hy Colin McCrae gas gegee het. Travis is 'n ware prodigy. Hy is ook die eerste ou om die double-backflip te doen by die X-games, wat natuurlik vir hom die wen geseel het. Omdat hy aan soveel verskillende items deelgeneem het, was dit ook maar 'n gesukkel om betyds by al die items uit te kom, selfs somtyds nie eers tyd gehad om behoorlik op te warm nie.

Hier is 'n clip om vir jou te wys wat sit in hierdie knaap se broek as dit kom by MotoX Freestyle. Kyk net hoe vinnig draf hy die baan kaf.


Travis Pastrana - Watch the best video clips here

Na sy wen-vertoning het hy oor 'n kabel ge-trip en sy knie beseer - ironies. Hou nommer 199 dop in die toekoms!

Skote

Friday, July 13, 2007

Mis(vir)verstand

'n Paar nuusbrokkies om mee te begin: Op news24 is daar berig dat Minister alec Irwin gese het dat Regstellende Aksie dood is in Suid-Afrika, omdat die "skills shortage" so groot is. Ja - dis fkn heeltemal reg. Die wiel draai pappie, en as hy draai, draai hy moer vinnig. Lees die artikel hier.

Ook na die een of ander "survey" is daar verneem dat 63% van alle volwasse Suid-Afrikaners NIKS doen om misdaad te bekamp in hul gemeenskap nie. Ek weet nie, dalk is dit om 63% van alle volwassenes in opgemaak word deur die kriminele self. Tel "iets doen omtrent misdaad" as jy jou gat af betaal aan 'n huis binne 'n sekuritetskompleks? En 'n sky-high levy om die sekuriteitsbeamptes te betaal en die elektriese heinings te onderhou? Maar nee, ons doen mos f-ol. Wat hierdie bliksems nie verstaan nie, is dat die eintlik die POLISIE se werk is om misdaad te bekamp, JOU DOM SOT!! Hypothetically speaking kan ek nog verder gaan om misdaad te bekamp - ek kan die booswig skiet as hy in my jaard is - daar is mos 'n interkom by die hek! As hy net wou kom tee drink by my kon hy eenvoudig maar net die klokkie gelui het. Sorry bra, wat soek jy hier,duidelik nie tee nie, R50 jy kak nou - en ek het sopas misdaad bekamp. Jippieeeee

Lees daardie artiklel hier.

Genoeg nou van ons daaglikse lewensstryd. Hier is vir jou nog 'n klip met 'n ou wat iets oor misdaad wil doen. Vir die wat dit al voorheen gesien het - Jammer om van jou kak te hoor!

Lekker naweek! ---Skote

Tuesday, July 10, 2007

Mondig

So, almal wil Private numbers antwoord en niemand wil vir my ‘n Glock sponsor nie. Jeez aren’t I the popular one? Hehe niks persoonlik nie hoop ek!

Ons het nou die aand na Emperor’s Palace gegaan om Casper de Vries se nuwe show “Mondig” te gaan check. Dit is bliksems snaaks gewees hoor! As jy jouself wil treat kan jy maar hierdie show gaan kyk. Dankie aan die Benadies vir hierdie goeie idee, dit was great!

Ek was laasweek bietjie stil, want my ouers en my boetie het kom kuier. My boetie het o/13 craven week kom speel. Jis julle moet check hoe die laaities rugby speel! Uitstekende bal hantering en massive skoppe – dit is amper nes grootmensrugby! SA rugby is in vir ‘n ding – kyk maar so oor 6,7 jaar.

Hier is vir jou ‘n Casper Klippie net om jou ‘n idee te gee van die show…

Dit is al vir nou, ek moet nou eers weer dink aan str0nt om julle koppe mee vol te maak… ehhh

Skote

Tuesday, July 3, 2007

Gun Free Souf Efrica

Ja jong – lyk my daar is net 2 ander mense behalwe ek wat so sterk voel oor die private nommer issue. Thanks Andre en Wayne! (Lekker biltong Wayne!). Hey Bernard! Dankie vir nou die dag se skyfskiet! Was moer-lekker. En ook vir ou Raaf vir die biltong vir lunch hehe!

Nou ja toe hehe. Vandag kan ons bietjie die piss uit Suid Afrika se Wapenwet haal. Wat ‘n Ballsup! Ek het eendag in die polisiekantoor in George se vuurwapen-afdeling ingestap, waar ek die mooiste, antieke, versamelstukke van gewere gesien het – wat natuurlik alles tot niet gemaak gaan word - Scrap Metal (hoop ek...)

Baie van die ouer garde het of nie die geld, of die krag om hul lisensies te hernu nie – ‘n Oomie van 75 jaar wat kon skiet voordat hy kon loop moet nou om en by R500 betaal om op ‘n kursus te gaan, en daarna nog in ‘n helse lang tou gaan staan (as hy nog kan) vir sy nuwe lisensie. So hy gee maar die geweer verniet weg aan die Staat om maar binne die wetsgrense te bly – laat Gods water maar oor God’s akker vloei. Nou kan Oomie homself nie meer verdedig nie, want hy kan ook nie meer vinnig hardloop of hard slaan nie. Nie eers sy kinders kan meer daardie pragstuk van ‘n geweer nou meer erf nie – tot niet.

Die staat se rede vir hierdie aksie was om “misdaad te verminder”“aiming for a gun free South Africa” - where only the criminals will have guns, as jy my vra.

Sooo die hoog geplaasdes se rede is eintlik ‘n klomp snert. Dit is nou in hierdie lug dat ek hierdie knaap se t-hemp TERDEE waardeer het!


Daar is ook ‘n uitvinding om hierdie gewapende kriminele se Afrika/Homeboy -skietstyl te komplimenteer, want nou kan hy ‘cool’ lyk terwyl hy actually ook kan mik - solank hy nie die bullets traai gooi nie hehe! GENIUS!


Not...! Nie...!

Wil iemand nie asb vir my 'n Glock Sponsor nie - mooi ASB!?

Skote

Soek jy iets?