Friday, July 20, 2007

Sjoe eina

Ek is seker almal van ons het al 'n dag gehad wat nie kan slegter nie, maar hierdie girl se dag vat die koek, en dit nog op national TV. Ek voel eintlik sleg om te lag. Ek wonder of sy ooit weer uit die huis uit sal kom...


If You Had A Bad Day - The best free videos are right here

Ek weet nie wie van julle weet wie Travis Pastrana is nie. Hy het in X-Games 12 in 4 items deelgeneem en 3 goue medaljes ingeryg waarvan een was vir die Rally item, waarin hy Colin McCrae gas gegee het. Travis is 'n ware prodigy. Hy is ook die eerste ou om die double-backflip te doen by die X-games, wat natuurlik vir hom die wen geseel het. Omdat hy aan soveel verskillende items deelgeneem het, was dit ook maar 'n gesukkel om betyds by al die items uit te kom, selfs somtyds nie eers tyd gehad om behoorlik op te warm nie.

Hier is 'n clip om vir jou te wys wat sit in hierdie knaap se broek as dit kom by MotoX Freestyle. Kyk net hoe vinnig draf hy die baan kaf.


Travis Pastrana - Watch the best video clips here

Na sy wen-vertoning het hy oor 'n kabel ge-trip en sy knie beseer - ironies. Hou nommer 199 dop in die toekoms!

Skote

No comments:

Soek jy iets?