Tuesday, July 10, 2007

Mondig

So, almal wil Private numbers antwoord en niemand wil vir my ‘n Glock sponsor nie. Jeez aren’t I the popular one? Hehe niks persoonlik nie hoop ek!

Ons het nou die aand na Emperor’s Palace gegaan om Casper de Vries se nuwe show “Mondig” te gaan check. Dit is bliksems snaaks gewees hoor! As jy jouself wil treat kan jy maar hierdie show gaan kyk. Dankie aan die Benadies vir hierdie goeie idee, dit was great!

Ek was laasweek bietjie stil, want my ouers en my boetie het kom kuier. My boetie het o/13 craven week kom speel. Jis julle moet check hoe die laaities rugby speel! Uitstekende bal hantering en massive skoppe – dit is amper nes grootmensrugby! SA rugby is in vir ‘n ding – kyk maar so oor 6,7 jaar.

Hier is vir jou ‘n Casper Klippie net om jou ‘n idee te gee van die show…

Dit is al vir nou, ek moet nou eers weer dink aan str0nt om julle koppe mee vol te maak… ehhh

Skote

1 comment:

Anonymous said...

LOL :-)

Soek jy iets?