Tuesday, July 24, 2007

Siek my bra, SIEK!

As iemand vir jou 10 jaar gelede sou se dat dat selfone nog gaan fotos neem, videos neem, internet konneksie verskaf en blou tande gaan he, sou jy gese het hy praat strooi, en daai persoon sou basically brandstapel toe gestuur soos daai knaap wat gese het dat die aarde om die son draai, en nie andersom nie. He STOOPID!

Die mens het in die laaste sowat honderd jaar in leaps en bounds tegnologies gevorder. Die 'Silicone Semiconductor era'. Mede-stigter van Intel, Gordon Moore het in 1965 'n observasie gemaak dat die hoeveelheid transistors binne 'n Chip (Integrated Circuit, bv Jou rekenaar se CPU) elke 24 maande sal verdubbel. 42 Jaar later, het "Moore's Law" nog nie gefaal nie, maar het het verminder na 18 maande! Dit sorg dat prosessors vinniger en kleiner word. 3GHz CPU beteken dat hy 3000 000 000 (drie-duisend miljoen) verwerkings per sekonde hanteer. 3GHz is vandag entry level vir 'n persoonlike rekenaar.


Hierdie tegnologiese vordering van Data prosesseering loop dan natuurlik oor na alle industriee: beter motors, beter selfone, beter wapens, beter mediese toerusting, en beter navorsing. So... die eerste organisme, die skaap, is al ge'clone'. So... wats volgende ouens...?

Lee Mengwei het toe gedink dat hy bietjie aandag nodig het, en toe het hy 'n verveelde dok gaan sien wat ook sy naam bietjie wil laat hoor. Lee besluit toe dat hy wil 'n baba he... uit sy eie pens...

Hulle het hom toe begin hormone voer sodat hy bietjie meer geskik sal wees om 'n baba te dra. Daarna het die dokters 'n embrio en plasenta in sy pens geplant. Lee het daarna opgehou om hormone te vreet omdat die embrio genoeg van sy eie hormone afskei vir normale groei. Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar! Die eerste pregnant man. Boonop groei die baba normaal.

Great vir Science/Baie, BAIE sleg vir die mensdom. Waarheen is ons op pad mense? Wat gaan van hierdie arme kind se selfbeeld word indien hy sukselvol die wereld in gebring word? (Dit sal dmv keiser-snee wees ingeval y gewonder het.) Dit net oor 'n aandagsoeker en 'n ledige dokter se fantasiee!

In my opinie, skiet hierdie manne crackers op God se voorstoep, en ek dink nie God is baie in sy noppies met hierdie storie nie. Ek dink die baba sal sterf, want daar is BAIE goed van die natuur en universe wat mens nog nie weet/verstaan nie. Wat WEL verstaan moet word is dat sekere dinge op 'n sekere maniere werk - vir 'n rede - en moet nie met dit lol nie. Ek persoonlik sal natuulik glad nie jammer wees as mnr. Lee vrek nie, want dit is waarna hy gesoek het.

As jy meer oor hierdie manne(vroue)wales wil lees kliek hier.

Dalk moet ek ook 'n ginekoloog gaan sien... hierdie boeppens begin my pla...

7 comments:

Anonymous said...

Vir die wat Sy woord behaag as die volle waarheid sal ons maar net lees in die laaste boek waarvan daar mooi gepraat word wat die profesiƫ al toendertyd begin voorspel het wat gaan begin gebeur in die eind tye, die groot toename in menslike kennis en nog baie ander dinge. Hierdie is maar 'n manefestasie van die mens se onwrikbare soeke om ten volle op sy eie verstand te probeer staatmaak en homself te verheerlik in die proses..

Anonymous said...

Partykeer wonder ek - dalk is dit deel van ons evolusie. Ons is so vasgevang van wat is en wat moet wees. Dalk voel ons nou oor mans swangerskappe dieselfde as toe daar vir die eerste keer sprake was om die hemelruim te verken?

Anonymous said...

So van die os op die jas - ek hou van jou skryfstyl - oulike blok! Hoop jy kruy sommer gou baie lesers

Boerq said...

Thanks amaluyt!

Anonymous said...

Haha, ek kan nie glo ek het somehow op jou blog afgekom nie... as 'n mens lank genoeg vir pr0n surf dan gebeur snaakse dinge... by the way, Johan le Grange hier (lui dit nog 'n klokkie?).

Baie cool blog, was net geskok om te verneem dat jy so 'n vurige Bulls ondersteuner is. Kan jou nie blameer nie, hulle is pretty much die beste ;-) Die Super14 final was tops.

Terug op die topic: ek is 'n groot voorstaander van wetenskap en tegnologiese vooruitgang, maar daar is GEEN rede vir mans om kinders te baar nie. Of jy nou gelowig is of nie, dit bly stupid. Die planeet staar net een groot probleem in die gesig: menslike aanwas. Daar is net hopeloos te veel van ons wat volhoubaarheid aanbetref.

Hoekom op dees aarde wil ons nou flippen almal pregnant maak? Sodat ons almal nog gouer op 'n hoop kan vrek? Stupid.

Anonymous said...

Jis ja,monster ek hoop jy gan bier op die survival ding vat anners gat jy dit nie maakie.. haha
Jis Johan! Its smee, Morne! haha waaaaaaaaaaaas jy? post my jou email addres dat ons ka kontak maak!

Anonymous said...

Hey, moenie ons thread hijack vir persoonlike gewin nie... hierdie gaan oor sci-tech en nie maatjie-maatjie kak nie, haha...

Waar val jy uit? Ek's hier in die Town in... lekke kinners hier my broe...

'n Mens kan nie te veel uitlatings op 'n openbare forum maak nie, maar wel hier: johanl@bbdocapetown.co.za

Ek is nou al geruime tyd 'n stadskind wat meer Engels as Afrikaans praat, want dis mos hoe die Kaap is, al is meeste mense Afrikaans. Dis hoekom ek nou besluit het om die internet in Afrikaans te terroriseer, anders verloor ek dalk net heeltemal my kultuur. En so stumble ek op hierdie bra se blog...

Daar is ook 'n Facebook profiel met my naam op.

Soek jy iets?