Thursday, April 19, 2007

Braai Etiket

Braai is darem 'n ingeboenderde tradisie in enige Suid - Afrikaner se kultuur. Dis die ideale manier om die ys te breek met nuwe bure of vriende, of om girls op te tel, besigheid te doen, die week af te sluit by die werk, of selfs net 'n knertsie te geniet. Maar daar is nou nie beter woorde om te hoor as wanneer iemand sê: "Kom ons braai" of "Kom braai bietjie by ons". Kyk - dit kan op die laaste minuut gereel word. Iemand word aangestel om die vleis te gaan koop of uit te haal en iemand word aangestel om die dop te organize, en ook iemand om hout of charcoal te reel en solank die vuur te begin - tjop tjop - letterlik.

Van daar af is dit goeie tye - jy weet dit. Daar word leeeeeekker gesels, gekuier, ge
ëet en, as ek my kitaar byderhand het, 'n bietjie musiek gemaak en bietjie saamgesing. Daarna, as almal lekker dik gevreet is, gaan slaap die meeste, behalwe die geharde kuiergatte, wat partykeer myself insluit hehe... uhm... ja.

Die braaiery is darem lekker... MAAR - daar bestaan reels en etiket by 'n braai. Kyk bietjie hoe goed het hierdie knape hul van hul taak gekwyt...

SO... wanneer braai ons?





BlogAfrikaans.co.za

1 comment:

Anonymous said...

spot on!

Soek jy iets?