Monday, September 17, 2007

Wat 'n naweek

...vir Suid-Afrikaanse sport! En boonop het die Bulle ook nog gewen! Baie geluk John en Graeme, knap gedaan.

Ek hoor vandag dat 'n mens "seasonal depression" of so iets kan kry. Ek dink ek het dit. Ek is nie depressed nie, maar net freakin moeg ek se jou. Dit is tyd vir die Desember vakansie - die tyd moet nou vinnig loop. Sal ook maar 'n paar knerste gaan nuttig vanaand, dink jy dit sal help? Kan net lekker wees.

Onthou julle vir ou ZET! wat sondae op TV was? Jis ek was 'n groot fan - my ma-hulle moes my eendag al die pad Cresta toe neem om ZET! in lewende lywe te kan sien. (Dit was nog in die dae wat mens kon Cresta toe gaan sonder 'n bullet-proof vest...) Signs of the times, en hier's nog ene - fame en fortune het sy tol ge-eis op die arme fluffy ZET! Nou is dit nie meer ZET! nie maar ZET...? Shame...


Moet ASB nie vir hom geld gee indien hy op straat by jou kom bedel nie. Hy gaan dit anyway net weer uit suip. Toe "Nou wat nou'' hom vra wat die probleem was, was sy antwoord: "BLBLBBBLBLBLBLBBLLL!"

Ongeskikte bliksem...!

Dankie aan vryskut fotograaf Pietie Potlood wat Zet! se inkriminerende aksies (of tekort aan aksie) op film kon vasle.

Skote

No comments:

Soek jy iets?