Wednesday, September 5, 2007

Wie het die swaard getrek !!!???

Ek lees in laas Vrydag se "The Citizen" wat een van hul verslaggewers skryf. Ek vra om verskoning dat ek nie die regte aanhaling of die verslaggewer se naam het nie - ek het die artikel uitgeknip, maar het dit erens versit. Dammit!

Maar hierdie knaap moan en bitch omdat Pretoria se naamverandering nou eers tot stilstand gebring is deur die hof. Hy reken dis 'n disgrace dat die hoofstad nog na iemand vernoem is wat hom en sy makkers (swartes) benadeel het in die 'old regime'. Ek strip my moer net daar, want duidelik ken hierdie ou nie sy geskiedenis nie! Andries Pretorius het BOGGEROL met enige regime uit te waai nie. Inteendeel, Andries Pretorius se seun het die plek gevind en dit Pretoria genoem ter nagedagtenis van sy pa.

Boonop is Andries Pretorius die ou wat Piet Retief se oorskot gevind het waar Dingaan vir Retief en sy manne (ongewapend) gemartel en vermoor het, NADAT hulle met Dingaan heel skaflik onderhandel het vir land.In Retief se baadjiesak is ook die traktaat gevind wat deur Retief EN Dingaan onderteken is vir land noord van die Tugela. Dit le nog in die Voortrekkermonument as enige iemand dit wil gaan lees. Dit is juis waar die k@k ontstaan het! In Retief se manifes aan die Owerheid, gepubliseer in die Grahamstown Journal, het hy gestipuleer dat die trekkers in vrede sal trek en nie gaan nonsens maak met die locals nie. Hier is 'n fototjie wat ek daarvan geneem het...


Let op punt nommer 8:
"We purpose, in the course of our journey, and on arriving at the country in which we shall permanently reside, to make known to the native tribes our intentions, and our desire to live in peace and friendly intercourse with them"

So se my nou weer dat ons julle kom oorrompel en jou land met mag kom vat het. Jy het jou eie bed gemaak daardie tyd my bra... wie het die swaard getrek? O sorry - dis ALWEER my skuld. Kan ons nie maar net aanbeweeg nie asb?

Skote

Ps: As iemand voel dat enige iets bogenoemde onakkuraat is, los asb 'n comment sodat ek dit kan regstel. Hopelik weet ek ten minste meer as daai oningeligte verslaggewer. Baie dankie.

1 comment:

Anonymous said...

I am reading this article second time today, you have to be more careful with content leakers. If I will fount it again I will send you a link

Soek jy iets?