Wednesday, November 25, 2009

BRAAI PERMIT?


Dalk moet hulle eers begin met permitte om tyres te brand, permitte om mielies in 'n drom langs die pad te braai en te verkoop, permitte vir onpadwaardige voertuie wat so rook dat die drywer agter jou nie die pad kan sien nie, permitte om soggens in 'n drom vuur te maak, asook permitte om gesteelde koper kabels se isolasie af te brand. Hierdie bevat boonop nog giftige gasse ook!

As hulle hierdie bogenoemde permitte eerste in plek het betaal ek graag 'n braai permit vir my 1 weeklikse braaivuurtjie!

Ps: Dalk ook permitte om sulke kak idees uit te dink terwyl jy eintlik besig moet wees om die land 'n beter - nie 'n kakker - plek te maak nie.

No comments:

Soek jy iets?