Thursday, June 28, 2007

Nommer Asseblief!

Ek gaan vandag so bietjie afdwaal van my normale trant af, as jy my sal vergewe.

Ek wil eintlik maar net doodgewoon, MY VOET NEERSIT, en wil graag hierdeur ook hê dat jy dieselfde sal doen en my ondersteun in hierdie ene.

Ek wil niks stopsit nie – dit gaan net ‘n inligtingsessie wees, waar ek sekere drolle gaan inlig oor hoekom hulle my nie meer in die hande gaan kry op my selfoon nie, en van nou af ook nie vir jou nie. So nou ja.

Ek weet meeste maatskappye gebruik die “Private Number” sisteem, maar ek kry deesdae soveel unsolicited oproepe van ouens in Indië en waarookal wat goed aan my wil verkoop. Dit trek nou al by 3–5 oproepe ‘n dag, en meeste van die kere praat die bliksem aan die ander kant nie eers nie, en ek hou aan “hello hello" soos ‘n plaat was vashaak. Ander kere ken hulle nie eers my naam nie. "Hoe ken jy nie my naam nie ou? Jy het dan vir my gebel tjomma?! Waar het jy my nommer gekry?" En wat meer is, die bliksem hou nie op met praat nie - jy kan nie 'n woord dwars inkry nie! En hy verstaan ook nie wat "NO THANKS I'M NOT INTERESTED" beteken nie. Dom-onnosel ekke bly maar antwoord… ‘dalk is dit die bank of iets belangrik’ – se moer van nou af...

Ek is nie ‘n persoon wat my nommer orals op die internet intik en uitdeel vir allerhande details en goed nie. Ek hou my persoonlike details redelik privaat. Dit is juis hieruit dat ek die vermoede kry dat die bank en selfoonmaatskappye die nommers verkoop - aan bemarkings firmas. Ja – indien jy dit nie geweet het nie, jou nommer is omtrent R0,50 - R1 werd. Imagine die bank verkoop die selfoonnommers van AL hul kliënte. Jy kan die wiskunde doen, en dit is ‘n aardige bedraggie. Of dit nou die bank, die selfoonmaatskappye, jou klerewinkel, een van hul werknemers of al die bogenoemde is, weet ek nie – al wat ek weet is dat dit faktap is, so hier is die "verdict":

Ek gaan van nou af nie meer ‘n donnerse “Private Number” antwoord nie. Ek gee nie om of jy die Bankbestuurder, Thabo Mbeki, George Bush, die Dominee, Arnold Schwartzenegger, Bryan Habana, die Pous, of freakin Chuck Norris is nie – hoor my woorde:

E K__G A A N__N I E__A N T W O O R D__N I E!
...En as ek DALK per ongeluk die foon antwoord, gaan ek jou laat aanhou, vir so lank as wat ek menslik kan, en jou maatskappy se geld LEKKER mors! Ek het dit al gedoen en dit is nogal komies hehe! So, as jy belangrike oproepe van 'n Private Number af moet kry vir werk/besigheid, het jy darem 'n ander opsie as om nie te antwoord nie: laat hierdie telesales bliksems op die lyn bly. Wat ek gewoonlik doen is ek vra hulle om net gou aan te hou, en sit my selfoon voor die radio/hifi neer sodat die beller bietjie musiek kan luister.

Maatskappye sal maar ander plan moet maak as hul my wil kontak, ongeag wie of wat jy is. Hoekom kan ek nie jou nommer sien nie? Steek hul iets weg? Sorry vir die mense wat in Telesales werk. Jy en ek weet dit is 'n k@k job, so gaan doen iets anders waarvan jy, en ek, meer sal van hou. Maar moenie sleg voel as jy my bel en ek vloek jou dat die see jou nie kan skoonwas nie - net omdat jy my nie wou uitlos toe ek gesê het "nee dankie" nie. Sorry

Ek hoop julle gaan my join in hierdie move – en net sodat ek nie soos ‘n poepol lyk nie, los ASB ‘n comment (kliek op die link "comments" onderaan die artikel, kies dan op die nuwe blad "other" en los asb jou naam), en ook FWD hierdie link vir jou vriende sodat, hopelik, die “private number” kan geskiedenis word - of ten minste net ophou om my, én jou te bel.

Skote

3 comments:

Anonymous said...

ek's met jou sarel!

Anonymous said...

Yes, dit klink soos n plan!!!

Anonymous said...

messrs ruthless myint feat rewrite rajpipla broker secretary boycott pharmstd erroneous
masimundus semikonecolori

Soek jy iets?