Tuesday, June 26, 2007

KALMTE IN JOU LEWE - raad van dokter 'Fil'

Ek deel hierdie met julle omdat ek weet dat dit werk en omdat ons almal seer sekerlik kan doen met 'n bietjie kalmte in ons lewens.

Deur 'n eenvoudige raad te volg wat ek by Dr. Phil op sy TV program gehoor het, kan jy ook nou 'n kalmte van gees ontwikkel en kans sien vir dinge waarvoor jy normaalweg nie kans gesien het nie. Dr. Phil se raad was die volgende: "The way to achieve inner peace is to finish all the things you have started and have never finished." Dit is toe net daar dat ek die daad by die woord voeg en die huis invaar op soek na daardie dinge wat ek begin het en nie klaargemaak het nie.

Die eerste ding wat ek raakloop is 'n kwart bottle brandewyn en ek maak korte mette daarvan... rustig op die rusbank. Daarna kry ek in die yskas 'n halwe pak gekerfte biltong en al kouende soek ek verder. 'n Halwe bottel Amarula is die volgende stuk terapie wat ek raakloop. Die stuk melktert wat al dae in die yskas is help verder om my kalmte op koers te kry en vier koue biere gee my genoeg kalmte en selfvertroue om die halwe bottle whisky aan te tree. Ek rond die terapie af met 'n derde bottle Old Brown Sherry.

Kyk, toe was ek darem in 'n moerse goeie bui.

Stuur hierdie raad asseblief aan hulle wie julle dink kan doen met innerlike vrede en wie hulle selfvertroue weer wil opbou.

Skote!
Dr. E-Phil



-Dankie vir hierdie ene Raaf!

2 comments:

Anonymous said...

Jis dit klink goed. Ek het die hele naweek om "die kalmte in my lewe" te vind. Thanks Dr. Phil.

Anonymous said...

[url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/ganardinero.jpg[/img][/url]
[b]Una gran guia de ganar dinero[/b]
Hemos encontrado la mejor guia en internet de como ganar dinero internet. Como nos ha sido de utilidad a nosotros, tambien les puede ser de utilidad a ustedes. No son solo formas de ganar dinero con su pagina web, hay todo tipo de formas para ganar dinero en internet...
[b][url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/dinero.jpg[/img][/url]Te recomendamos entrar a [url=http://www.ganar-dinero-ya.com/]Ganar-dinero-ya.com[/url][url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/dinero.jpg[/img][/url][/b]

Soek jy iets?