Monday, June 4, 2007

Absa en "Happy Guy"


ellou daar... hoe was die naweek? Lekker Bokkies - mooi gespeel. Wonder wat sê daai Engelsmanne nou!

Ja sorry ek weet ek het nie by die 2de post van laasweek uitgekom nie – ek moes Vrydag op so ‘n kort kursussie gaan, so ek vra neeeeederig om verskoning.

Ek het nie veel om oor te rave in hierdie post nie, behalwe dat ek net graag vir ABSA wil vra om hul vingers te trek en te sorg dat daar verdomde slippies by die OTM sal wees in die vervolg. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n slippie by ‘n ABSA OTM gekry het nie, so m.a.w ek kan dalk op hierdie oomblik sonder geld sit en heeltemal onbewus wees daarvan. Dus moet ek ‘n bankstaat trek teen duurste, en so suig ABSA nog geld uit my rekening uit. Luise. O, en nog iets: As jy dalk die persoon is wat AL sy/haar rekeninge by die OTM betaal, gee tog net so tussen elke transaksie vir iemand anders ‘n beurt, of selfs beter, doen dit in die middel van die nag – wanneer meeste mense nie haastig is nie, ok? Dankie baie.

“Who’s the happy guy” is ‘n foto van ‘n baie gelukkige, dog anonieme man, wie se foto 7 jaar terug in ‘n asdrom in Canada gevind is. Die peroon wat dit gevind het, het die foto maar gehou en vir die grap teen sy yskas geplak. So het “Happy Guy” so half deel van sy familie geword. Nou soek hulle die ou, om uit te vind hoekom hy so gelukkig was, en hoe sy foto in die drom beland het. As julle weet wie “Happy Guy” is, email whoishappyguy@gmail.com. Dit het nou ‘n wêreldwye campaign geword om die knaap te vind, met T-shirts en allerhande bells & whistles.

Aaag ja wat ‘n naweek – Vrydagaand het ons lekker gekuier by die Rugbyklub, en Saterdag oggend het ek met die aaklige nuus wakker geword dat een van my vriende oorlede is in ‘n motorongeluk. Die lewe is kosbaar - enige een van ons se vlammetjie kan enige oomblik geblus word, so waardeer dit teryl jy dit het. Ons harte gaan uit na Cornel se familie en ons dink aan hulle in hierdie moeilike tyd.

Totsiens Cornel, ons gaan jou mis ou pella…




Tjorts

7 comments:

ruaan said...

nella,squirly,skilpad my tjoma!
aan die ou met die sagste hart,die ou wat altyd almal op die party gegroet het,die ou wat altyd ander bo homself geag het, die ou wie se familie en vriende vir hom als was,die ou met die meeste vriende,i love u my brother good bye u will be mist, u were and will always be my best friend the big guy!!

Anonymous said...

Cornel, Nelly, My maaikie, Jy was die sonstraal in my lewe en die beste ding wat nog ooit met my gebeur het. Ek weet nie lekker hoe om te cope sonder jou nie maar ek weet dat jy hier saam my is elke dag. Ek hoor jou lag. Ek het aan woorde gedink om jou te beskryf maar ek kan nie! Daar is net een woord wat tot gedagte kom. FLAWLESS. Jy was foutloos my vriend en even as jy foute moes gehad het - Was jy perfek. Jy is in my hart en deel van my elke dag en ek sal jou oneindig baie mis, tot ons weer mekaar kan sien. BAIE BAIE BAIE BAIE BAIE lief vir jou (maar jy weet dit) Reta

Anonymous said...

Cornellie, nelly, BD...

u were a star!!! " 'n man duisend!" all of of loved u sooooooooo much, and thats why its so difficult to move on with our lives, knowing u wont be here with us - but i know u will always live in our hearts and be at all the parties in spirit!!!

U were the GARDIAN ANGEL in my life, the best friend that anyone could as for!

U were EVERYBODY's best friend and EVERYBODY's boetie..

we gonna miss you!!! Love you always and forever! Lucy

Anonymous said...

Dutchman...my reus...lol!
Nelly...
ons harte is in stukke ou boet, en dit gaan lank, baie baie lank vat om die stukke weer op te tel en te probeer sin maak daarvan.

Jy was net...daar is nie woorde nie, ons stukkie goud, ons hart se punt. Nooit te goed om te lag, te bel, te sms, te kuier, te troos, saam te fight nie...altyd daar.

Ons sal vir altyd lief wees vir jou en jou vashou in ons hart tot ons jou 1dag weer sien...

love you always and forever...
die rots in ons lewe...

Anonymous said...

Dutchman...my reus...lol!
Nelly...
ons harte is in stukke ou boet, en dit gaan lank, baie baie lank vat om die stukke weer op te tel en te probeer sin maak daarvan.

Jy was net...daar is nie woorde nie, ons stukkie goud, ons hart se punt. Nooit te goed om te lag, te bel, te sms, te kuier, te troos, saam te fight nie...altyd daar.

Ons sal vir altyd lief wees vir jou en jou vashou in ons hart tot ons jou 1dag weer sien...

love you always and forever...
die rots in ons lewe...
Al my liefde..Niens

Anonymous said...

Cornel

Die HERE pluk eerste sy beste blommetjies
Jou doel op aarde is klaar ons sien jou eendag daar
Elke dag wat verby gaan is 'n dag nader om jou weer te sien
Wag vir ons en bring ons in as ons eendag tot bo klim

Mis jou oneindig baie, sal jou nooit vergeet nie!

Liefde Groete
*Lien*

Anonymous said...

whoishappyguy.com is up!

Soek jy iets?