Tot weersiens
Boerq
Skote


Maar terug by die petrol... Die mense is so erg oor 'upliftment' en 'elimination of poverty,' maar die mense wat die ERGSTE geaffekteer word deur die petroltekort, is die mense wat op 'n dag-tot-dag inkomste staatmaak, bv. meeste huishulpe, vryskut bouers ens. Hierdie mense is afhankilik daarvan om met die taxi in die dorp/stad te kom om 'n geldjie te verdien net om iets in sy pens te he vanaand. Maar as die petrol klaar is, loop die taxi's ook nie meer nie, en die meerderheid gaan slaap honger, omdat hul broers wat WEL salarisse verdien ontevrede is daarmee. Maar einde van die maand kry staker nietemin sy salaris, terwyl die meerderheid honger gely het en nou weer moet sukkel om 'n los werkie erens op te tel. Mooi man - jy benadeel jou eie mense, jou dom donner.
PS: FYI: Dit is offisieel dat daar begin gaan word om alle Pretoria naamborde te vervang met Tshwane naamborde (het ek dit reg gespel? WHO CARES?). En nog 'n ding - wees wakker by jou huis, want as daar nie petrol is nie, ry jou armed response en die polisie ook nie.
Dagse! Jammer ek het laat slap le hierdie week. Was net moer besig en aan die ander kant was ek besig met die ontwikkeling van my patent. Dit sukkel-sukkel maar, maar ek maak staaaaadig vordering.
As iemand vir jou 10 jaar gelede sou se dat dat selfone nog gaan fotos neem, videos neem, internet konneksie verskaf en blou tande gaan he, sou jy gese het hy praat strooi, en daai persoon sou basically brandstapel toe gestuur soos daai knaap wat gese het dat die aarde om die son draai, en nie andersom nie. He STOOPID!
Why coloureds can't be terrorists: MARK LOTTERING
> > We are always late. We would have missed all 4
> > flights.
> > Mooi kinnes on the plane would have distracted us.
> > We talk loud and would bring attention to ourselves.
> > Met free Kos en cooldrink oppie plane, we'll soema
> > forget why we're there.
> > We praat with our hands, so we'll continually be
> > putting the weapons down.
> > We would ALL want to fly the freaking plane, ending
> > in a moerse fight with
> > each other.
> > We'll somma argue and start a fight in the terminal
> > before we even get on
> > the plane & one of us bound will say out loud: "Gaan
> > kak man! Dan hijack jy
> > die fokken plane alleen!!
> >
> > Os kannie 'n secret hou nie. We would have told
> > everyone a week before doing
> > it, telling them: Moet vir niemand se nie, ho!
> >
> > We would have insisted that the plane fly past
> > Strandfontein Pavillion.
> > We would have all lined up to get our photograph
> > taken by one of the
> > hostages.
> > When we enter the cockpit, we would have used the
> > intercom system for a
> > karaoke session, with one doos trying to sing 'I did
> > it my way".
> >
> > We would first rob everyone's of their Ray-Bans,
> > cellphones and gold teeth,
> > just before we crash the plane.
> > Our whole freaking family plus neighbors would have
> > been at the airport to
> > see us off, crying their bladdie eyes out, and your
> > mother saying to the
> > white ou next to her: I'm so proud of him. It's the
> > first time he's
> > hijacking a plane!
> >
> > We would have dressed like terrorists for our
> > airport go-way clothes:
> > balaclavas, jumpsuits, karate skoentjies, dark
> > glasses, en 'n moerse
> > attitude.
> > Two of us would have forgotten our passports at
> > home.
> > Three of us would have overweight luggage.
> > All of us would have luggage.
> > We would have all wanted to watch the in-flight
> > movie finished first.
> > Before we went over into action, we would have all
> > queued up at the toilet
> > to first gel our hair.
> > We would have taken the plane for a joyride first,
> > played the music at full
> > blast and try to park the plane somewhere where
> > kinnes can see us.
So, almal wil Private numbers antwoord en niemand wil vir my ‘n Glock sponsor nie. Jeez aren’t I the popular one? Hehe niks persoonlik nie hoop ek!
Ons het nou die aand na Emperor’s Palace gegaan om Casper de Vries se nuwe show “Mondig” te gaan check. Dit is bliksems snaaks gewees hoor! As jy jouself wil treat kan jy maar hierdie show gaan kyk. Dankie aan die Benadies vir hierdie goeie idee, dit was great!
Ek was laasweek bietjie stil, want my ouers en my boetie het kom kuier. My boetie het o/13 craven week kom speel. Jis julle moet check hoe die laaities rugby speel! Uitstekende bal hantering en massive skoppe – dit is amper nes grootmensrugby! SA rugby is in vir ‘n ding – kyk maar so oor 6,7 jaar.
Hier is vir jou ‘n Casper Klippie net om jou ‘n idee te gee van die show…
Dit is al vir nou, ek moet nou eers weer dink aan str0nt om julle koppe mee vol te maak… ehhh
Skote

Ek weet meeste maatskappye gebruik die “Private Number” sisteem, maar ek kry deesdae soveel unsolicited oproepe van ouens in Indië en waarookal wat goed aan my wil verkoop. Dit trek nou al by 3–5 oproepe ‘n dag, en meeste van die kere praat die bliksem aan die ander kant nie eers nie, en ek hou aan “hello hello" soos ‘n plaat was vashaak. Ander kere ken hulle nie eers my naam nie. "Hoe ken jy nie my naam nie ou? Jy het dan vir my gebel tjomma?! Waar het jy my nommer gekry?" En wat meer is, die bliksem hou nie op met praat nie - jy kan nie 'n woord dwars inkry nie! En hy verstaan ook nie wat "NO THANKS I'M NOT INTERESTED" beteken nie. Dom-onnosel ekke bly maar antwoord… ‘dalk is dit die bank of iets belangrik’ – se moer van nou af...
Die eerste ding wat ek raakloop is 'n kwart bottle brandewyn en ek maak korte mette daarvan... rustig op die rusbank. Daarna kry ek in die yskas 'n halwe pak gekerfte biltong en al kouende soek ek verder. 'n Halwe bottel Amarula is die volgende stuk terapie wat ek raakloop. Die stuk melktert wat al dae in die yskas is help verder om my kalmte op koers te kry en vier koue biere gee my genoeg kalmte en selfvertroue om die halwe bottle whisky aan te tree. Ek rond die terapie af met 'n derde bottle Old Brown Sherry.
Daar aangekom en begin melk. Maar toe hy net die emmertjie so kwartvol melk is, sit die koei haar poot in die binne-in die emmer. Hy gooi toe maar die melk uit (want dit is mos nou vuil!) en begin weer. Koetjie doen weer dieselfde. Vervies span hy toe die koeitjie se twee agterbene vas met die enigste stukkie baal-tou wat daar in die stal lê, en hy begin weer melk.
My oupa sê hy het toe maar alles net so gelos, sy broek opgetrek en laat spaander, op sy perd gespring en weggejaag. Hy het geweet dat die oom nie sou luister na sy verduideliking nie, en dat hy nie geskiet wou word nie! Toe kies hy maar hasepad.
met water en dit los op om ‘n lemmetjie gekleur en gegeurde, borrelrige drankie te word – siedaar! Jou dop! Die probleem is nou egter dat daar geen wet is wat minderjariges verhoed om die poeier te koop nie – so hier kom probleme. Dit is mos nie “liqour” voordat dit in vloeistof vorm is nie. Ek dink ook dat alkoholiste seker die goed gaan snuif in plaas daarvan om die poeier met water te meng hehe, shame.
Die poeier is nogal goedkoop ook en verkoop vir so $2 vir 20g en kan maklik in nagklubs ingesmokkel word (en seker by Loftus en Nuweland ook hehe). Kan jy glo? Dalk kan ons bietjie van dit vir Paris Hilton tronk toe vat- sy smag seker nou al vir 'n dop. Moet sê ek dink daardie studente is seker nou klaar geswot en net wag om Biljoenêrs te word. Hulle gaan rol in die geld.
het, afgebrand het jou drol). Nou staak die onderwysers vir 2 weke, en as hul terug gaan werk toe, het 80% van hul leerlinge opgehou om skool toe te kom, omdat daar niks by die skool gebeur nie. Hoekom moet hy dan nou taxi betaal om skool toe te gaan as die onnies nie eers pitch nie? Talle leerlinge se lewens en toekomsbane word sodoende heeltemal ontspoor – en die eksamens is om die draai. Nou – die punt waarby ek wil uitkom: Net omdat jy so ‘n moerse chip op jou skouer het en altyd die ‘old regime’ blameer vir jou tekortkominge gaan ek nou die volgende kwytraak: Jy benadeel jou EIE MENSE meer as wat die ‘old regime’ gedoen het, spesifiek in onderwys, én in ander afdelings – en nou is jou verskoning omdat jy nie “educated” is nie, by die ruit uit ou pel. HAHAHAHAHAAAAAAAA! Dit net net omdat jy ontervrede is met jou paycheck. As jy dit nie laaik nie, kry dan vir jou ‘n job wat meer betaal.
So? Vir is vir die volgende “uneducated” generasie te blaam omdat hulle incompetent is? Ek wonder… Ten minste is dit nie, soos gewoonlik, my skuld nie. Mooi man, hou so aan – ek laaik hierdie dinge kwaai.
Om mee af te sluit. Ek het op MK89 die musiekvideo “Herfsman” van Bacchus Nel, ‘n blinde digter en liedjieskrywer, en toe ook later die musiekvideo “Oppie Plaas” gesien. Wat ‘n kickass song! Ek het toe summier die CD gaan koop - AWESOME.
Gaan na sy websaait om na snitte te luister en jy kan ook die CD daar koop vir R80 incl postage.
Skote
PS: Piete Potlood: Ek ruik nog steeds na rooiwyn

Ja sorry ek weet ek het nie by die 2de post van laasweek uitgekom nie – ek moes Vrydag op so ‘n kort kursussie gaan, so ek vra neeeeederig om verskoning.
Ek het nie veel om oor te rave in hierdie post nie, behalwe dat ek net graag vir ABSA wil vra om hul vingers te trek en te sorg dat daar verdomde slippies by die OTM sal wees in die vervolg. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n slippie by ‘n ABSA OTM gekry het nie, so m.a.w ek kan dalk op hierdie oomblik sonder geld sit en heeltemal onbewus wees daarvan. Dus moet ek ‘n bankstaat trek teen duurste, en so suig ABSA nog geld uit my rekening uit. Luise. O, en nog iets: As jy dalk die persoon is wat AL sy/haar rekeninge by die OTM betaal, gee tog net so tussen elke transaksie vir iemand anders ‘n beurt, of selfs beter, doen dit in die middel van die nag – wanneer meeste mense nie haastig is nie, ok? Dankie baie.
“Who’s the happy guy” is ‘n foto van ‘n baie gelukkige, dog anonieme man, wie se foto 7 jaar terug in ‘n asdrom in Canada gevind is. Die peroon wat dit gevind het, het die foto maar gehou en vir die grap teen sy yskas geplak. So het “Happy Guy” so half deel van sy familie geword. Nou soek hulle die ou, om uit te vind hoekom hy so gelukkig was, en hoe sy foto in die drom beland het. As julle weet wie “Happy Guy” is, email whoishappyguy@gmail.com. Dit het nou ‘n wêreldwye campaign geword om die knaap te vind, met T-shirts en allerhande bells & whistles.
Aaag ja wat ‘n naweek – Vrydagaand het ons lekker gekuier by die Rugbyklub, en Saterdag oggend het ek met die aaklige nuus wakker geword dat een van my vriende oorlede is in ‘n motorongeluk. Die lewe is kosbaar - enige een van ons se vlammetjie kan enige oomblik geblus word, so waardeer dit teryl jy dit het. Ons harte gaan uit na Cornel se familie en ons dink aan hulle in hierdie moeilike tyd.
Totsiens Cornel, ons gaan jou mis ou pella…
Tjorts

Grappie… dit was eintlik net ‘n gewone vrou, maar haar lippe het nie lekker saam met die woorde beweeg nie... hoor jy dit? OORGEKLANK? Ek dog toe amper iemand gaan nou ‘n flashy kung-fu move uitpluk in Oppikoffi en die arme girl op haar snoet wiks - roundhouse-styl, maar toe is dit ongelukkig nie die geval nie, alhoewel dit vir meer opwinding in die storie sou sorg! Dalk het iemand vergeet om die mikrofoon aan te skakel, want as die probleem die vrou se stem was, hoe de hel het sy die oudisies deurgekom? Vra ek jou. Amper tune ek in op Radio 2000. Die 80’s is lankal verby – niemand val meer vir oorgeklankte twak nie. Wel, amper niemand.
Maar nou wil ek weet waar vegetariërs uit die bus uitval? Ek was een aand onbewus van die feit dat ek saam met 'n vegetariër aan tafel sit. Ek het gesien die persoon (dame) eet nie vleis nie. Ek haak toe sommer heel ligsinnig af: "If you're a vegetarian because you like animals, then why are you eating their food?" Waarop ek toe besef dat 3 van die ander 4 persone aan tafel (2 ouens en 2 vrouens) ook vegetariërs is, en ek is out-numbered. Die enigste ander vleisvreter lyk asof hy wil weghol. Ek moes geweet het toe ek hul skarlaken-wit, amoeba-agtige velletjies gesien het - doh!
Laaaater gaan draai die gesprek by babetjies hê en alles wat daarmee gepaard gaan (no pun intended!). Die een vegetariese vroutjie haak toe af: "I'll never wash a nappy in my life!" Waarop ek toe met haar begin stry oor hoekom sy so natuurbewus is dat sy nie wil vleis eet nie, maar dat sy nie gepla is dat sy in haar baba se eerste 3 lewensjare sowat 6570 chemikaliee -belaaide, nie-‘biodegradable’ weggooidoeke op Moeder Natuur se stoep gaan los nie! Dis my gat se deksel.
(Een weggooidoek vat sowat 500 jaar om volkome te bio-degradeer). Jy het mos 'n wasmasjien by die huis - gebruik gewone doeke en was die goed, dit sal jou baie goedkoper ook uitwerk. As jy gaan reis - gebruik dán weggooidoeke. Maar nee - die konsep sink nie lekker in nie, en aangesien ek en sy nie 'n baba saam het nie, los ek toe maar die argument vir haar om oor te dink - terwyl ek my vriend kombuis toe nooi vir 'n dop. Laaste sien van die blikkantien, he!
Aaaaag dit was darem maar mooi! Go HABANA! Hiedie post is amper soos 'n "Breaking News Alert," sonder besonderse kiekies of ander tierlantyntjies - net 'n geborrel van blydskap.
Ag en toe wen ek mos die Richelieu braairooster stel, en met die krapkaartjies omtrent elke stukkie Richelieu merchandise, insluitend 'n mini-leatherman, glas, beursie, klein botteltjie, 'n t-hemp en 'n keps. Jammer die Lotto is nie meer aan nie, anders sou ek die jackpot ook gevat het.
Ek sien ‘n sekere bekende skinder-tydskrif (julle weet almal watter een, genote) is nou op die Nutsman se spoor. Die media het ‘n houtwerkonderwyser in ‘n celebrity verander. Kyk die Nutsman is ‘n slim en handige knaap – met alle respek, en so ‘n jaar gelede het dieselfde tydskrif ‘n moerse artikel oor hom geskryf oor sy sukses. Maar nou dat hy wil skei van sy vrou, trap dieselfde tydskrif (en sy vrou – wat seker ‘n aardige bedraggie betaal word) die arme knaap in die grond in. Hy is ook maar net mens! Maar lyk my hy steur hom nie aan hierdie kinder-k@k nie. Kwaailappies bra!
Ek weet nie of jy al gehoor het van Dewald Dippenaar nie – jy moes al heel waarskynlik. Behalwe dat hy my bakkie gestamp het, is hierdie knaap ‘n entertainer van formaat. Hy het twee musiekvideo’s wat tans roteer op MK89: “Wie is jy” en “Jy is als”. Met ‘n arsenaal van sy eie songs en kitaarvernuf wat letterlik wat die snare laat huil, skud hy die plek behoorlik met singalong old-en-new school rock, en balanseer ook die aand met rustige ballads tussenin. Baie, baie lekker. Partykeer as hy ‘n ruskans vat, tel ek ook bietjie sy kitaar op en doen ‘n paar Koos songs, of ek join hom vir ‘n song of twee. Gaan loer bietjie by sy websaait.