Baie geluk aan myself! Gister was my verjaarsdag, en môre is daar groot paartie! So gepraat van paartie; Hollandse studente het poeier-vorm alkoholiese drank uitgevind. Jy meng die poeier
met water en dit los op om ‘n lemmetjie gekleur en gegeurde, borrelrige drankie te word – siedaar! Jou dop! Die probleem is nou egter dat daar geen wet is wat minderjariges verhoed om die poeier te koop nie – so hier kom probleme. Dit is mos nie “liqour” voordat dit in vloeistof vorm is nie. Ek dink ook dat alkoholiste seker die goed gaan snuif in plaas daarvan om die poeier met water te meng hehe, shame.


Ag en ek sien ons ou landjie begin al klaar sag raak teen die stakers. Salarisse vir Junie is “guaranteed”. Ok – genoeg van dit. Pas jou net op en bly van die snelweg af.
Net om dit in te vryf: kyk na ou Sharkie se gesig! Dit was darem mooi…
Ok! Ek moet nou ophou om die klip oor en oor te kyk...en jy ook!
Skote
1 comment:
HAPPY BIRTHDAY son!!!!! hoop jy geniet die feesvieringe
Post a Comment