Thursday, June 21, 2007

Kalwer liefde

My oupa vertel eendag die storie, van toe hy vir ‘n Meisie gaan kuier het in Heidelberg (Kaap). Hy moes al die pad van Mosselbaai af na Heidelberg te perd ry, en Heidelberg is so 100km van Mosselbaai af. Hy moes’n hele dag lank ry om daar te kom. Ai die liefde.

Daar aangekom het hy en die meisie die hele volgende dag saam spandeer, met haar pa wat nooit te ver weg was nie – net om’n ogie te hou, jy verstaan. Die aand het my Oupa toe ook oorgeslaap daar, natuurlik in ‘n aparte, hoogs bewaakte spaarkamer. Die volgende oggend vroeg opgestaan (soos boer maar doen) en weer saam met die ‘nooientjie’ tyd spandeer.

Sy tyd spandeer word toe egter kortgeknip deur die nooientjie se pa wat vir hom toesnou: “Terblanche, jy kuier lekker hier, maar jy kan nie so sit en niksdoen nie. Ek het ‘n koetjie daar in die stal wat gemelk moet word – maak jouself handig!” My oupa is mos nie bang vir werk nie, en gretig om die oom te impress is hy toe af stal toe met die melkemmertjie.

Daar aangekom en begin melk. Maar toe hy net die emmertjie so kwartvol melk is, sit die koei haar poot in die binne-in die emmer. Hy gooi toe maar die melk uit (want dit is mos nou vuil!) en begin weer. Koetjie doen weer dieselfde. Vervies span hy toe die koeitjie se twee agterbene vas met die enigste stukkie baal-tou wat daar in die stal lê, en hy begin weer melk.

Dit was nie lank nie toe klap die koei hom deur die gesig met haar stert, en jy weet ‘n koei se stert is nou die die skoonste ding nie. Dit is net koeimis en boonop slaan die kwassie seer as hy jou so in die gesig tref! My Oupa vat toe die melkstoeltjie en sit dit agter die koei neer, sodat hy by die oorhoofse balke kan bykom. Hy tel toe koeitjie se stert op om die stert teen die balk vas te maak, maar daar is nie nog tou nie – toe haal hy maar sy belt af om as vasbind-middel te gebruik. Net daar val sy broek af en stap aanstaande se pa ook ter gelyke tyd die stal binne. “TERBLAAAANNCHE!!!!!!” skree die oom toe hy die die gedoente aanskou en begin op my oupa afstorm waar hy op die melkstoeltie staan - agter die koei met die koei se stert omhoog en sy broek om sy enkels – picture dit…

My oupa sê hy het toe maar alles net so gelos, sy broek opgetrek en laat spaander, op sy perd gespring en weggejaag. Hy het geweet dat die oom nie sou luister na sy verduideliking nie, en dat hy nie geskiet wou word nie! Toe kies hy maar hasepad.
Wonder wat die oom met sy enigste, geliefde melkkoeitjie gedoen het na die affêre, mens kan maar net wonder. Nutteloos om te sê, het hy nooit weer van die Heidelbergse meisie gesien, of gehoor nie.

Skote

Friday, June 15, 2007

Kits - drank

Baie geluk aan myself! Gister was my verjaarsdag, en môre is daar groot paartie! So gepraat van paartie; Hollandse studente het poeier-vorm alkoholiese drank uitgevind. Jy meng die poeier met water en dit los op om ‘n lemmetjie gekleur en gegeurde, borrelrige drankie te word – siedaar! Jou dop! Die probleem is nou egter dat daar geen wet is wat minderjariges verhoed om die poeier te koop nie – so hier kom probleme. Dit is mos nie “liqour” voordat dit in vloeistof vorm is nie. Ek dink ook dat alkoholiste seker die goed gaan snuif in plaas daarvan om die poeier met water te meng hehe, shame.


Die poeier is nogal goedkoop ook en verkoop vir so $2 vir 20g en kan maklik in nagklubs ingesmokkel word (en seker by Loftus en Nuweland ook hehe). Kan jy glo? Dalk kan ons bietjie van dit vir Paris Hilton tronk toe vat- sy smag seker nou al vir 'n dop. Moet sê ek dink daardie studente is seker nou klaar geswot en net wag om Biljoenêrs te word. Hulle gaan rol in die geld.

Ag en ek sien ons ou landjie begin al klaar sag raak teen die stakers. Salarisse vir Junie is “guaranteed”. Ok – genoeg van dit. Pas jou net op en bly van die snelweg af.



Net om dit in te vryf: kyk na ou Sharkie se gesig! Dit was darem mooi…





Ok! Ek moet nou ophou om die klip oor en oor te kyk...en jy ook!

Skote

Tuesday, June 12, 2007

Jy kan 'n perd bring tot by water...

--Hoop nie julle maaind nie - hierdie een is in Engels - nogal goed. Via e-muil. Ek het net die visuals bygelas--

Dakota Native American tribal wisdom, passed on from generation to generation, says: "When you discover that you are riding a dead horse, the best strategy is to dismount and get a different horse." However, in government, education and corporate Southern Africa, more advanced strategies are often employed, such as:

1. Buying a stronger whip.

2. Changing riders.

3. Appointing a committee to study the horse.

4. Arranging to visit other countries to see how other cultures ride dead horses.

5. Lowering the standards so that the dead horse can be included.

6. Reclassifying the dead horse as 'living impaired'.

7. Hiring outside contractors to ride the dead horse.

8. Harnessing several dead horses together to increase speed.

9. Providing additional funding and / or training to increase dead horse's performance.

10. Doing a productivity study to see if lighter riders would improve the dead horse's performance.

11. Declaring that as the dead horse does not have to be fed, it is less costly, carries lower overheads and therefore contributes substantially more to the bottom line of the economy than do some other horses.

12. Rewriting the expected performance requirements for all horses. And of course ..

13. Promoting the dead horse to a supervisory position!

If you understand the above, then you are obviously a South African.




Thursday, June 7, 2007

Slim vang sy baas

Weet julle ek kry so lekker. Het julle nou gesien met hierdie staking van die staatsamptenare watse hoerhandsak die onderwys departement nou is hehe! En die beste van alles is dat die meerderheid onnies wat staak nie die onnies by jou suburban skole is nie, nee! Die meerderheid van stakers is die onnies by jou rural en township skole (die meerderheid)! Ja, dieselfde knape wat gesê die ‘old regime’ het hulle nie ge”educate nie” – en dus hoekom hierdie mense vandag “previously disadvantaged” genoem word (omdat jy die skool wat die ‘old regime’ vir jou gebou het, afgebrand het jou drol). Nou staak die onderwysers vir 2 weke, en as hul terug gaan werk toe, het 80% van hul leerlinge opgehou om skool toe te kom, omdat daar niks by die skool gebeur nie. Hoekom moet hy dan nou taxi betaal om skool toe te gaan as die onnies nie eers pitch nie? Talle leerlinge se lewens en toekomsbane word sodoende heeltemal ontspoor – en die eksamens is om die draai.


Nou – die punt waarby ek wil uitkom: Net omdat jy so ‘n moerse chip op jou skouer het en altyd die ‘old regime’ blameer vir jou tekortkominge gaan ek nou die volgende kwytraak: Jy benadeel jou EIE MENSE meer as wat die ‘old regime’ gedoen het, spesifiek in onderwys, én in ander afdelings – en nou is jou verskoning omdat jy nie “educated” is nie, by die ruit uit ou pel. HAHAHAHAHAAAAAAAA! Dit net net omdat jy ontervrede is met jou paycheck. As jy dit nie laaik nie, kry dan vir jou ‘n job wat meer betaal.

So? Vir is vir die volgende “uneducated” generasie te blaam omdat hulle incompetent is? Ek wonder… Ten minste is dit nie, soos gewoonlik, my skuld nie. Mooi man, hou so aan – ek laaik hierdie dinge kwaai.


Om mee af te sluit. Ek het op MK89 die musiekvideo “Herfsman” van Bacchus Nel, ‘n blinde digter en liedjieskrywer, en toe ook later die musiekvideo “Oppie Plaas” gesien. Wat ‘n kickass song! Ek het toe summier die CD gaan koop - AWESOME.

Gaan na sy websaait om na snitte te luister en jy kan ook die CD daar koop vir R80 incl postage.


Skote


PS: Piete Potlood: Ek ruik nog steeds na rooiwyn

Monday, June 4, 2007

Absa en "Happy Guy"


ellou daar... hoe was die naweek? Lekker Bokkies - mooi gespeel. Wonder wat sê daai Engelsmanne nou!

Ja sorry ek weet ek het nie by die 2de post van laasweek uitgekom nie – ek moes Vrydag op so ‘n kort kursussie gaan, so ek vra neeeeederig om verskoning.

Ek het nie veel om oor te rave in hierdie post nie, behalwe dat ek net graag vir ABSA wil vra om hul vingers te trek en te sorg dat daar verdomde slippies by die OTM sal wees in die vervolg. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n slippie by ‘n ABSA OTM gekry het nie, so m.a.w ek kan dalk op hierdie oomblik sonder geld sit en heeltemal onbewus wees daarvan. Dus moet ek ‘n bankstaat trek teen duurste, en so suig ABSA nog geld uit my rekening uit. Luise. O, en nog iets: As jy dalk die persoon is wat AL sy/haar rekeninge by die OTM betaal, gee tog net so tussen elke transaksie vir iemand anders ‘n beurt, of selfs beter, doen dit in die middel van die nag – wanneer meeste mense nie haastig is nie, ok? Dankie baie.

“Who’s the happy guy” is ‘n foto van ‘n baie gelukkige, dog anonieme man, wie se foto 7 jaar terug in ‘n asdrom in Canada gevind is. Die peroon wat dit gevind het, het die foto maar gehou en vir die grap teen sy yskas geplak. So het “Happy Guy” so half deel van sy familie geword. Nou soek hulle die ou, om uit te vind hoekom hy so gelukkig was, en hoe sy foto in die drom beland het. As julle weet wie “Happy Guy” is, email whoishappyguy@gmail.com. Dit het nou ‘n wêreldwye campaign geword om die knaap te vind, met T-shirts en allerhande bells & whistles.

Aaag ja wat ‘n naweek – Vrydagaand het ons lekker gekuier by die Rugbyklub, en Saterdag oggend het ek met die aaklige nuus wakker geword dat een van my vriende oorlede is in ‘n motorongeluk. Die lewe is kosbaar - enige een van ons se vlammetjie kan enige oomblik geblus word, so waardeer dit teryl jy dit het. Ons harte gaan uit na Cornel se familie en ons dink aan hulle in hierdie moeilike tyd.

Totsiens Cornel, ons gaan jou mis ou pella…




Tjorts

Soek jy iets?