Tuesday, May 15, 2007

Woensdag...

...is ‘n baie lekker dag in Centurion. Laat ek julle sê hoekom.

Punt no. 1

Ek weet nie of jy al gehoor het van Dewald Dippenaar nie – jy moes al heel waarskynlik. Behalwe dat hy my bakkie gestamp het, is hierdie knaap ‘n entertainer van formaat. Hy het twee musiekvideo’s wat tans roteer op MK89: “Wie is jy” en “Jy is als”. Met ‘n arsenaal van sy eie songs en kitaarvernuf wat letterlik wat die snare laat huil, skud hy die plek behoorlik met singalong old-en-new school rock, en balanseer ook die aand met rustige ballads tussenin. Baie, baie lekker. Partykeer as hy ‘n ruskans vat, tel ek ook bietjie sy kitaar op en doen ‘n paar Koos songs, of ek join hom vir ‘n song of twee. Gaan loer bietjie by sy websaait.

Punt no. 2

As jy ‘n goeie deal op ‘n lekker steak soek, het ek vir jou die oplossing! Pepper chair (een van my geliefkoosde kuierplekke) run op woensdae ‘n T-bone steak special R50 vir 1kg T-bone en R40 vir 600g T-bone met chips of ‘greens’ Bargain he? Geniet hom dan saam met ‘n rooiwyntjie, of ‘n brannas as jy wil. Die steaks word so vanaf lunchtyd voorberei op die braai, en saans in die kombuis. Treat jou baas sommer, of nuwe business partners, of die man in jou lewe (ek hoop my girl lees hier). Vrydae run hulle ook leeeeeeekker specials.As jy nou nie so 'n kranige steak- eter is nie, is daar heelwat ander smaaklike disse om van te kies op die spyskaart - teen baie billike pryse. Vra my - ek eet gereeld daar.

GEVLOGTREKKING:
Toevallig speel Dewald dippenaar by Pepperchair elke Woensdag aand! So nou kan jy lekker eet, ‘n goeie kunstenaar sien optree EN ‘n knertsie geniet - Sonder dat dit jou ‘n arm en ‘n been kos! Pepper Chair vra nie ‘cover charge’ nie.

Pepper Chair is onder in Lyttleton(Jean)weg, Centurion - langs die BP Garage, net voor Ou Johannesburg weg.

So, sien ek jou daar?

Skote

PS: Baie geluk se aan vriende Ian en Rea Vos, wat Saterdag getrou het. Mag die voorspoed julle verveel! En ook baie dankie aan die Werabrug polisie en die polisie-lugvleuel vir hul vinnige en professionele optrede met Vrydagaand se inbraak in ons omgewing. Hulle wat blitsig daar en het MY amper arresteer in die veldjie waar ek na die skurk gesoek het – daarna het ons saam gesoek en die kelihopter het vir ons mooi lig gemaak. THANKS!

Thursday, May 10, 2007

Hierdie blog is Halaal...


et soos die melk wat jy in jou koffie gooi. Ja - moenie so verbaas wees nie!

Ek gaan koop nou die dag vir my melk by die garage, net soos enige mens, sodat ek my ontbytgraan (aitsa die suiwer afrikaans!) en tee kan geniet. Jy weet - koeisap! Daai wit goed wat uit 'n koei se speen kom. (Vir die post 90's generasie: mmm ja, dis waar melk vandaan kom. Moooo!)



Terwyl ek in die elle lange ry staan, lees ek maar die melk kannetjie se verpakking. En toe sien ek dit - so 'n maantjie met sterretjies ens, 'n bliksemse HALAAL embleem op my melk! Wat dit nou éintlik vir my sê is dat hierdie koeisap ge-“bless” is deur een of ander bebaarde knaap in ‘n lang rok?! Ek reken dit is nou seker maar die geval! Amper sit ek die melk terug op die rak, maar die gedagte van swart tee keer my.

Kyk dit is nou vir my bullsh… hierdie (no pun intended)! As jy ge-”bless”-de melk wil hê, begin jou eie flippen melkplaas! En …ag, weet jy wat? As jy genoeg tyd het om al die melk in die land te “bless” (flip dit moet ‘n ou besig hou!), “bless” dan sommer die koeimis ook, en daarna “bless” jy die gras wat deur die koeimis bemes word voordat die koei dit eet. Dan hoef jy seker nie die koei meer te “bless” nie. Wel – ek weet tog nie hoe werk jou reëls nie, bless sommer die mikrobiologie ook, net om safe te wees. OK? Mohammed het duidelik genoeg tyd! Maar nou moet ek ook deel wees van hierdie ge-“bless”-ery. Ek is regtig nie meer lus om van daardie melk te koop nie, nie omdat ek vol nonsens is nie, maar die gedagte laat my gril. Nou nou val een van Mohammed se baardhare in die melk terwyl hy dit “bless”? Dit is bekotsenswaardig. Ek gril nogsteeds.

Maar dit storie het altans ‘n nuuskierigheid in my aangewakker – hoe vind hierdie “bless”-ery plaas? Ek sal graag wil sien hoe die diens verloop daar in die melkery, en dalk is die baardhaar idee glad nie so verregaande nie. Kry vir jou kameelmelk Mohammed, ofmoet dit ook ge-”bless” word?


Hierdie blerrie goed gaan nog steeds in MY keelgat af, en ek wonder hoekomdit nodig is. Gee tog net vir die Halaal melk ‘n ander etiket as die van die melk wat ons nie-moslems gebruik, maar moet ASB nie jou geloof – letterlik in my keelgat afdruk nie tjom. Ongelukkig is dit nie net die melk nie, maar die meeste van ons voedselprodukte wat so ge-"bless" word.

Dis amper so goed Clover besluit om die ou landsvlag op die melkkannetjie sit omdat die melk wit is.
(maar koeimelk kom uit swart, wit en bruin koeie… vir die wat nie weet nie)

Vat hulle juffrou Croft!

Ore en uit

Tuesday, May 8, 2007

Wagwoord is kassensitief




is! Hier’s ek weer, hier’s ek weer, met my artikel voor jou deur…

Ek weet nie of jy al met hierdie Afrikaans ge-ingenieurde tegniese terme kennis gemaak het nie, maar as jy in die IT-of-motorbedryf is, moes jy definitief.

Vanoggend lees ek ‘n mail waarin daar gepraat word van “rugsteunkopieë” – ja dit is reg. Dit het my presies 5 sekondes gevat om uit te figure en te verstaan, 5 sekondes langer as wat dit my sou gevat het om “backup” te lees.

Ek het toe maar aan nog komiese voorbeelde gedink wat ek al voorheen gehoor het:

koppelaarpedaal -‘n steeltoe CAT boot wat bedoel is om mee te skop
Webtuiste -waar ‘n spinnekop bly
webwerf -plaas met baie spinnekoppe
Nok-as -Baseball bat
Mega/Gigagreep -As ‘n sterk ou jou vashou
Hardeskyf -Daai goed wat Rasta’s rook
Sagteskyf -Wat studente rook
Slapskyf -As bogenoemde nat geword het
Kletterpet -‘n ander woord vir 'n valhelm (regtig!)

Hier is nog baie voorbeelde – maak maar jou eie gevolgtrekkings.

Ek wonder net wanneer het iemand besluit dat Afrikaans nou Afrikaans bly in hierdie stel regulasies - en nou moet ons, net om binne die regulasies te bly, sommige simpel woorde uit dink om die ou-ballies gelukkig te hou. Kan jy jouself indink die ontsteltenis toe die Hollands/Frans/Duits na Afrikaans begin ontwikkel? Nee! Daar was nie ontsteltenis nie want Afrikaans was die “slang” van die ou dae – en nou is dit die volkstaal. Iemand het toe besluit dat die taal nou nie verder gaan ontwikkel nie en ook besluit dat HULLE die nuwe, onmisbare, engelse woorde sal vertaal na watookal hulle goed dink. Ek dink sommige van hierdie woordmakers het nogal ‘n sin vir humor, as ek sό na van hiedie woorde kyk. Partykeer dink ek die juisgenoot dink hierdie woorde eerste uit en dan word dit maar net so aanvaar. Whatever tickles you fancy…

Nog ‘n issue vandag is ook di afkrtngs wt in smse gebrk wrd, en dt wrk ngl. Juli vrstn hlteml wt ek hir tik ne. Hlle se dt slfs die kndrs se vingrlitte bgn anpas om te cope mt di hveelhyt tikwrk wt hlle op di selfn dn, en gn mntlik geneties (he di ‘n tough ene!) oorgdra gn word na hlle kndrs.

Wel – dit werk doen dit nie? En dit is nogal irriterend om die 100% korrekte spelling op ‘n selfoon te probeer tik in ‘n lang sms. So maak die kommunikasie makliker. Nietemin sal ek verkies om 'n brief te ontvang wat in ordentlike Afrikaans geskryf is.

Wou maar net hierdie punte aan die lug bring. Dis 'n kwessie van wat jy verkies om te gebruik. Afrikaans sal altyd voortbestaan, maar moet die taal nie in 'n blik probeer druk nie. Psop mr nt vr di mgagrp…

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

Bietjie laat...



orry - ja ek weet - die post is bietjie laat - maar vandag bederf ek julle met 2 posts! Ek was Saterdag bietjie loftus toe vir die Blues vs Bulls. Eers wou ek gaan, toe wou ek nie, en toe later die middag was daar 2 kaartjies MET parkering wat niemand wou hê nie! Ek sal mos nie toelaat dat dit gemors moet word nie en ek spring op die kommunikasie lyne en kry iemand om saam te gaan – ‘last minute’.


Almal weet natuurlik wat by die wedstryd gebeur het. Maar kyk ne, daai gees was amazing, en almal wou he ons moes die 100 – merk haal – ons het net nog so 15 minute nodig gehad, dan was ons daar. Die Bulle het ook so min strafskoppe weggegee! 2 of 3 dink ek! Dit IS goeie spel! En ou van der Westhuizen wat toe in die laaste minute weer gaan score – dit was bevonk! Hie is ‘n klippie vir die wat nie daar was nie. Lekker dag verder!




BlogAfrikaans.co.za

Wednesday, May 2, 2007

Deuriemikke Musiek Konsert

Helou daar. Almal lekker langnaweek gehad? Mooi, ek is bly. Ek self ook. Ek is nou so gatvol vir vleis eet dat ek kan… ja. Ons het die hele naweek net gebraai en gebraai en gebraai... darem ook lekker gekuier en sommige van ons het lekker geswem 0h00 in die nag in die bittere koue. Ek sal nie name noem nie - jy weet wie jy is. Ek sal ook nie die fotos post nie, ok?

Ek en andere is mos toe gisteraand na 'Deuriemikke' musiek konsert toe op Loftus Versfeld. Eers was ek heavy die moer in omdat ek al 12h00 daar opdaag en die hekke is nog nie oop nie. My eie fout - ek het nie die kaartjie mooi gelees nie. Die KARNAVAL het 13h00 begin en die show eers 17h00 - DUH maak oop jou oë! Ry toe maar terug Centurion toe en gaan maak ‘n paar ^s.

16h00 weer daar aangekom. Maar kyk, toe is daar vir jou ‘n q wat ek nog by geen Bloubul wedstryd gesien het nie, vanaf hek 6 VERBY hek 5 tot op die B-veld, en onmiddelik sak my moed in my skoene. “Hoekom hierdie lyding – boonop betaal ek om so gestraf te word” -dink ek by myself.

Ek was op die punt om die R157 maar af te skryf en te waai, toe ek die korter ry sien, vir die ‘Golden Circle’ Kaartjiehouers. En raai wat? Ek is mos in die Golden Cirlce. Laanie my broe! Glip daar in en binnekort op die veld – slaan di kampstoeltjies op, ons ga’t nou show kyk. Nie eers die tweede stoel uit sy sak uit nie toe ‘n vrou vir my waarsku: “Julle mag nie hierdie stoele hier opslaan nie, hulle het nou nou mense hier uitgejaag omdat hulle stoele by hulle het.”

Ok dankie tannie. Gmpf.

Pak toe die stoel maar in die sak en skuif na die rand van die Golden Circle, waar ons met ons rue teen die draad kan sit. Maar ek kan nie verstaan nie?! Ek is deur 3 hekke MET securities wat my kaartjie gecheck het, en niemand het my voorgekeer omdat ek stoele by my het nie, en daar staan ook niks op die kaartjie oor hierdie stupid reël nie. My vriend is wel teruggestuur kar toe om sy stoele te gaan bêre hoor ek. Ek bitch en moan oor wie nou sal worrie as ek die stoele opslaan terwyl ek een stoel mooi teenaan die draad begin opslaan.

So hoor die een knaap (aan die ander kant van die GC draad) hoe ek moan oor die stoele en hier haak hy af: “Die stoele sal ‘n probleem wees, want dan kan my dogtertjie nie sien nie.” Ek wou vir hom sê dat dit seker die eerste keer is wat hy by ‘n konsert is, want almal gaan anyway nou-nou regop staan, en dan gaan sy dogtertjie anyways niks kan sien nie, tensy hy haar op sy skouers tel. Maar toe hou ek maar my bek. Ek wou hom nie voor sy kroos verneder nie. Cheapskate.

Die show begin en ons sit maar teen die draad. Toe almal eventually opstaan, en ek ook, toe voel dit asof ’n hiëna an my agterwêreld geknaag het terwyl ek daar gesit het. PYN uit die boonste rakke. Ek word toe genomineer as die “loop om te gaan koeldrank koop” –ou, en begin toe met my uittog. Kom toe by die eerste stalletjie en raai wat? Koeldrank is uitverkoop, en daar het nog net een sanger opgetree. Hoogs die bliksem in stap ek toe maar verder en sien toe later ‘n outjie met baie Coke haastig op pad êrens heen. Volg hom toe tot by – wait for it – dieselfde stalletjie waar ek eerste was.Nou moet ek in ‘n ry staan waar daar nou-nou nie een was nie. Ek is dors my maat en reg om iemand met ‘n vuis by te kom, want intussen het sekuriteit my ook moeilikheid gegee omdat ek nie die GC armbandjie aanhet nie ongeag die feit dat, toe ek ingegaan het, hul armbandjies oppelallas was, en ek nie een kon kry nie.

Terug met die koeldrank by die laer aangekom, slaan ek my stoele op. Bogger julle. Vat aan hierdie stoel en jy val pappie! Ons sit rustig, luister musiek en drink Coke – die gemoedere koel af met elke slukkie vloeistof.

Dinge begin toe lekker raak en die musiek is lekker! Die line-up was soos volg: Nicholas Louw, Bobby van Jaarsveld, Dozi, Nianell, Karen Zoid, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk en Robbie Wessels. Ons sing lekker saam en swaai so bietjie gat en lag vir ander mense. Sekuriteit was paar keer verby ons en het my stoele beloer, maar het niks gedoen nie. Ek is seker hulle kon moeilikheid in my oë lees –hou maar verby. Ou Pieter Koen was ‘n uitstekende seremoniemonster en het die mense lekker laat lag. Karen Zoid het soos gewoonlik geROCK en is gekomplimenteer deur cool pyrotechnics op die stage. Manne Manne!

Later is dit Bok van Blerk se beurt en almal is in groot afwagting vir… jy weet wat. Ek is nou al oor die De La Rey liedjie (al het ek die CD gekoop vir die liedjie) en is moeg om die ding te hoor – death by overplay, maar ek het geweet – vanaand kom hier iets groots… en Bok trek weg met die kenmerkende inleiding van die liedjie: “Op ‘n berg in die nag…” - en jy kan die atmosfeer met ‘n mes sny soos almal begin saam sing: “DE LA REY, DE LA REY, SAL JY DIE BOERE KOM LEI…”


Bok van Blerk sing De La Rey op Loftus - The most popular videos are a click away

HOENDERVLEIS MENSE!! Die van julle wat nie daar was nie – imagine 22 000 mense wat saam hierdie liedjie sing – die mure bewe in Sunnyside! (Kyk die video-clip hierbo) Lekker - kry vir julle + hoor hoe sing die boere, staan-staan-so. Dit was regtig amazing, en De La Rey doen dit nou weer vir my – ‘n onvergeetlike 4 minute. Selfde toe almal vroeër ‘Liefling’ gesing het. Noem my maar ‘n tappet – jy moes daar wees om dit te beleef, al weet jy nie wie is Gé en Derrick nie.

Daarna het Robbie Wessels sy moves kom wys saam met die Bloubul meisies. Dit was flippen cool gekoreografeer. Ek reken hy het maar die laaste slot gekry omdat sy sussie een van die organiseerders was hehe. Die vertoning is toe afgerond met al die sangers wat ‘n laaste liedjie saamsing, en vuurwerke wat my girl amper die dek laat slaan het.

Die aand het toe verskriklik lekker uitgedraai, en ons is toe huistoe met glimlae op ons bakkies.

Knap gedaan Jakaranda, Red Heart en die organiseerders, maak weer so! Sorg net dat daar volgende keer genoeg koeldrank en armbande is, genoeg mense om die stalletjies te beman en ‘n plek vir kampstoele. Dit was goed vir ‘n eerste poging, en hopelik gaan dit volgende jaar nog groter! Dalk sommer 2 keer ‘n jaar. Julle sal Loftus weer en weer volpak!

Sien jou daar next time

Ore en uit

BlogAfrikaans.co.za

Soek jy iets?