As iemand vir jou 10 jaar gelede sou se dat dat selfone nog gaan fotos neem, videos neem, internet konneksie verskaf en blou tande gaan he, sou jy gese het hy praat strooi, en daai persoon sou basically brandstapel toe gestuur soos daai knaap wat gese het dat die aarde om die son draai, en nie andersom nie. He STOOPID!
Die mens het in die laaste sowat honderd jaar in leaps en bounds tegnologies gevorder. Die 'Silicone Semiconductor era'. Mede-stigter van Intel, Gordon Moore het in 1965 'n observasie gemaak dat die hoeveelheid transistors binne 'n Chip (Integrated Circuit, bv Jou rekenaar se CPU) elke 24 maande sal verdubbel. 42 Jaar later, het "Moore's Law" nog nie gefaal nie, maar het het verminder na 18 maande! Dit sorg dat prosessors vinniger en kleiner word. 3GHz CPU beteken dat hy 3000 000 000 (drie-duisend miljoen) verwerkings per sekonde hanteer. 3GHz is vandag entry level vir 'n persoonlike rekenaar.
Hierdie tegnologiese vordering van Data prosesseering loop dan natuurlik oor na alle industriee: beter motors, beter selfone, beter wapens, beter mediese toerusting, en beter navorsing. So... die eerste organisme, die skaap, is al ge'clone'. So... wats volgende ouens...?
Lee Mengwei het toe gedink dat hy bietjie aandag nodig het, en toe het hy 'n verveelde dok gaan sien wat ook sy naam bietjie wil laat hoor. Lee besluit toe dat hy wil 'n baba he... uit sy eie pens...
Hulle het hom toe begin hormone voer sodat hy bietjie meer geskik sal wees om 'n baba te dra. Daarna het die dokters 'n embrio en plasenta in sy pens geplant. Lee het daarna opgehou om hormone te vreet omdat die embrio genoeg van sy eie hormone afskei vir normale groei. Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar! Die eerste pregnant man. Boonop groei die baba normaal.
Great vir Science/Baie, BAIE sleg vir die mensdom.
Waarheen is ons op pad mense? Wat gaan van hierdie arme kind se selfbeeld word indien hy sukselvol die wereld in gebring word? (Dit sal dmv keiser-snee wees ingeval y gewonder het.) Dit net oor 'n aandagsoeker en 'n ledige dokter se fantasiee!
In my opinie, skiet hierdie manne crackers op God se voorstoep, en ek dink nie God is baie in sy noppies met hierdie storie nie. Ek dink die baba sal sterf, want daar is BAIE goed van die natuur en universe wat mens nog nie weet/verstaan nie. Wat WEL verstaan moet word is dat sekere dinge op 'n sekere maniere werk - vir 'n rede - en moet nie met dit lol nie. Ek persoonlik sal natuulik glad nie jammer wees as mnr. Lee vrek nie, want dit is waarna hy gesoek het.
As jy meer oor hierdie manne(vroue)wales wil lees kliek
hier.Dalk moet ek ook 'n ginekoloog gaan sien... hierdie boeppens begin my pla...