Ek wil aan al my lesers net 'n MOERSE verskoning maak omdat die blog so stil was. Ek was op kursus, en het toe nie gepost oor die laaste 2 weke nie. Ek moes julle voor die tyd laat weet het, maar hier is ek nou terug, in lewende lywe.
Intussen het die "Wie's jou pappa" poll gesluit en die resultate was as volg: In die eerste plek het Chuck Norris inge-roundhouse, 2de was ek (Boerq), 3de Steve Hofmeyr en Laaste, maar nie die minste nie, ou Riaan Cruywagen. Chuck het maar net gewen omdat hy 'n nicer bakkie as ek het...
Dan wil ek ook net my simpatie gee aan die Aussies en All-blacks, Sorry mates, have a pleasant journey back down under, and always remember: "BaAaAaAaA" means NO!
Damn hoe cool is die Bokke se vertoning sover!? Se wat jy wil, maar ons is in die SEMI'S!!!! Bring dit huistoe boys!
Hier is nog 'n klippie wat ek met julle wil deel, Enjoy!
Jislaaik dit is nou vir my goeie advertensie. Lyk my die rivalry sal noooooooit ophou nie. Sorry BMW, julle het dit begin. "Mense wat dink hulle is donners smart, is nie altyd so donners smart nie..." hehe VATSO! VIVA RS4!
Daar verloor die Proteas toe teen Indie - amper in dieselfde styl as begin van die jaar se Wereldbeker! Dammit ouens - JULLE DOEN SO GOED EN DAN CHOKE JULLE - ALWEER??!!
Anyways - onthou dat Maandag 'n vakansiedag is. Jy sal bietjie stupid voel as jy by die werk aankom en wonder waar al jou kollegas is. Boonop is dit my gunsteling dag van die jaar: NASIONALE BRAAIDAG! En om hierdie wonderlike dag te comemmorate, het ek een van my ou posts hier op die blog herhaal, net omdat dit so van toepassing is.
So - start solank die vuur, ek sien jou nou nou... Hier is dit:
Braai is darem 'n ingeboenderde tradisie in enige Suid - Afrikaner se kultuur. Dis die ideale manier om die ys te breek met nuwe bure of vriende, of om girls op te tel, besigheid te doen, die week af te sluit by die werk, of selfs net 'n knertsie te geniet. Maar daar is nou nie beter woorde om te hoor as wanneer iemand sê: "Kom ons braai" of "Kom braai bietjie by ons". Kyk - dit kan op die laaste minuut gereel word. Iemand word aangestel om die vleis te gaan koop of uit te haal en iemand word aangestel om die dop te organize, en ook iemand om hout of charcoal te reel en solank die vuur te begin - tjop tjop - letterlik.
Van daar af is dit goeie tye - jy weet dit. Daar word leeeeeekker gesels, gekuier, geëet en, as ek my kitaar byderhand het, 'n bietjie musiek gemaak en bietjie saamgesing. Daarna, as almal lekker dik gevreet is, gaan slaap die meeste, behalwe die geharde kuiergatte, wat partykeer myself insluit hehe... uhm... ja.
Die braaiery is darem lekker... MAAR - daar bestaan reels en etiket by 'n braai. Kyk bietjie hoe goed het hierdie knape hul van hul taak gekwyt...