

Geen wonder hulle noem dit 'n duikboot nie...
Hey ons gaan mos weer Desember leeeeeekker swem daar in Mosselbaai... NOT! Daar blaf die haaie vir jou.
Maar terug by die petrol... Die mense is so erg oor 'upliftment' en 'elimination of poverty,' maar die mense wat die ERGSTE geaffekteer word deur die petroltekort, is die mense wat op 'n dag-tot-dag inkomste staatmaak, bv. meeste huishulpe, vryskut bouers ens. Hierdie mense is afhankilik daarvan om met die taxi in die dorp/stad te kom om 'n geldjie te verdien net om iets in sy pens te he vanaand. Maar as die petrol klaar is, loop die taxi's ook nie meer nie, en die meerderheid gaan slaap honger, omdat hul broers wat WEL salarisse verdien ontevrede is daarmee. Maar einde van die maand kry staker nietemin sy salaris, terwyl die meerderheid honger gely het en nou weer moet sukkel om 'n los werkie erens op te tel. Mooi man - jy benadeel jou eie mense, jou dom donner.
PS: FYI: Dit is offisieel dat daar begin gaan word om alle Pretoria naamborde te vervang met Tshwane naamborde (het ek dit reg gespel? WHO CARES?). En nog 'n ding - wees wakker by jou huis, want as daar nie petrol is nie, ry jou armed response en die polisie ook nie.
Dagse! Jammer ek het laat slap le hierdie week. Was net moer besig en aan die ander kant was ek besig met die ontwikkeling van my patent. Dit sukkel-sukkel maar, maar ek maak staaaaadig vordering.